Tibet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die vlag van Tibet tot 1959
Tibet of Xizang se ligging in die Volksrepubliek China
Die wapen van Tibet tot 1959
Topografiese kaart van Tibet

Tibet of Xizang (Tibettaans: བོད་, Wylie: bod rang skyong ljongs; Chinees: 西藏, pinyin: Xīzàng) is 'n outonome gewes in die suidweste van die Volksrepubliek China. In 2014 het dit 'n bevolking van 3 180 000 gehad. Die administratiewe gebied van die gewes strek oor 'n oppervlakte van 1 228 400 vierkante kilometer en is die tweede grootste administratiewe gebied naas Xinjiang. Die hoofstad en grootste stad is Lhasa, bekend vir die Potala-paleis, die voormalige setel van die Dalai Lamas. Tibet grens in die noorde aan Xinjiang en in die weste aan Kasjmir.

Die gebied is die tuiste van die Tibettane, 'n Sino-Tibettaanse volk. Die Tibettane vorm met 90% die grootste etniese groep van die strek, gevolg deur Han-Chinese met 8%. Die Tibettaanse Boeddhisme is die belangrikste godsdiens van Tibet met die Dalai Lama, tans Tenzin Gyatso, as opperhoof en spirituele leier.

Tibet was eens 'n onafhanklike koninkryk, maar is as gevolg van die Tibettaanse opstand van 1959 deur die Volksrepubliek China geannekseer. Aansluitend het die Tibettaanse regering in ballingskap saam met Tenzin Gyatso in die Noord-Indiese stad Dharamsala net wes van Tibet gevestig. Sedertdien is Tenzin Gyatso saam met Tibettaanse onafhanklikheidsaktiviste permanent verban uit China en die gebruik van die Tibettaanse vlag streng verbode. Tibettaanse Monnike is die bekendste mense in Tibet, maar hulle word gereeld onderdruk deur China se regering, soos in 2008.

Tibet is ook bekend vir sy hoë berge soos Berg Everest wat tot die Himalaja behoort en die suidelike grens tot die drie Suid-Asiatiese lande Bhoetan, Indië (Sikkim) en Nepal vorm. Hier ontspring ook groot riviere soos Brahmaputra, Geelrivier, Indus, Salween, Yangtze en Sutlej.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]