Elbphilharmonie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Laeiszhalle Elbphilharmonie Hamburg Logo 2011.jpg
Hamburg, HafenCity, Elbphilharmonie -- 2016 -- 3043-9.jpg

Elbphilharmonie Hamburg

HafenCity, Hamburg


Argitekte

Elphi über Eck.jpg

Jacques Herzog en Pierre du Meuron


Verdiepings

26 (met 29 hysbakke)


Oprigting

2006–2016


Boumateriaal

Elbphilharmonie, Februar 2015-4943.jpg

Bakstene (historiese stoorhuis van 1962/63)


Glas, staal, beton (nuwe boonste verdiepings)


Kommersiële gebruik

Hamburg Elbphilharmonie 2016.jpg

Konserthuis


Hotel met 244 kamers


Woonstelgebou met 45 woonstelle


Parkeerhuis


Eienaar

Stad Hamburg


Webtuiste
elbphilharmonie.de

Die konserthuis se glas-, staal- en betondak versinnebeeld seegolwe en het die potensiaal om een van die nuwe ikoniese bakens van Duitsland se kultuurbedryf te word

Die Elbphilharmonie (in die omgangstaal ook kort „Elphi“ genoem) is 'n konserthuis in die Noord-Duitse hawestad Hamburg wat in 2016 voltooi is. Dit word onder die grootste, mees moderne en - ten opsigte van sy akoestiek - ook beste konsertsale ter wêreld gereken. Die gebou met 'n hoogte van 110 meter het in die weste van Hamburg se nuwe moderne hawebuurt HafenCity teen die Elberivier se regteroewer ontstaan, in 'n gebied wat vroeër deur hawebekkens en stoorhuise met hul tradisionele baksteenargitektuur oorheers is. Vir die Elbphilharmonie, wat teen 'n koste van €789 miljoen op die riviereiland Grasbrook opgerig is, is eweneens dele van 'n voormalige kakaostoorhuis van 1963 gebruik.