Ella Zeller
Ella Zeller (gebore 26 November 1933) is 'n afgetrede Roemeense tafeltennisspeler, afrigter en administrateur. Van 1952 tot 1964 het sy verskeie medaljes in enkel-, dubbel- en spanbyeenkomste in die Europese Tafeltenniskampioenskap en in die Wêreld Tafeltenniskampioenskap gewen.[1][2] In 1995 is sy ingewy by die "ITTF Hall of Fame".
Zeller het tafeltennis in Timisoara begin beoefen, en later na Boekarest verskuif. Sy het gegradueer by 'n instituut vir liggaamlike opvoeding, en na aftrede uit kompetisies, was sy die tafeltennisafrigter vir die nasionale span (1967–1989). Sy het ook leidende posisies in die nasionale en Europese tennistafelfederasies geneem, en as president van die nasionale kommissie vir vrouesport gedien. In 1989 het sy na Duitsland verhuis waar sy in 1990–1994 vir die Duitse Tafeltennisfederasie gewerk het.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ CONSTANTINESCU-ZELLER Ella (ROU) Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine. ittf.com
- ↑ Medaliile obtinute de sportivii romani la Campionatele Mondiale de Seniori Geargiveer 20 Junie 2016 op Wayback Machine. Romanian Table Tennis Federation
- ↑ Ella Constantinescu. enciclopediaromaniei.ro
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- The ITTF Hall of Fame Geargiveer 30 September 2011 op Wayback Machine