Boekarest

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
București
Stad
Bucharest-Calea-Victoriei-Aerial-View.jpg
Vlag van București
Vlag
Byname: 
Klein Parys, Parys van die Ooste
Leuse(s): 
Patria si Dreptul Meu (My Land en My Reg)
Ligging van Boekarest in Roemenië (in rooi)
Ligging van Boekarest in Roemenië (in rooi)
Koördinate: 44°26′7″N 26°6′10″O / 44.43528°N 26.10278°O / 44.43528; 26.10278
LandRoemenië
GraafskapMunisipaliteit van Boekarest
Gestig1459 (eerste amptelike rekord)
Regering
 • BurgemeesterGabriela Firea (PSD)
Oppervlak
 • Stad228 km2 (88 vk, m,)
 • Metro
238 km2 (92 vk, m,)
Hoogte
60 – 90 m (197–295 ft)
Bevolking
 • Stad1 940 500
 • Metrodigtheid8 510/km2 (22 000/vk, m,)
TydsoneUTC+2 (OET)
 • SomertydUTC+3 (OEST)
Poskode
0xxxxx
Skakelkodes+40 21
NommerplateB
Webwerfwww.pmb.ro

Boekarest (Roemeens: București) is die hoofstad en industriële en kommersiële sentrum van Roemenië. Dit is in die suidooste van die land geleë by 44°25′N 26°06′O / 44.417°N 26.100°O / 44.417; 26.100, aan die oewer van die Dâmboviţarivier. Dit het aanvanklik as die Dâmboviţa-sitadel bekend gestaan.

In vergelyking met ander Europese stede is Boekarest relatief jonk. Die vroegste verwysing na die stad dateer uit 1459.[1] Sedertdien het die stad verskeie veranderinge ondergaan. Boekarest het in 1862 die hoofstad van Roemenië geword en geleidelik sy posisie in die middelpunt van Roemeense massamedia, kultuur en kuns verstewig. Die stad se eklektiese argitektuur verteenwoordig 'n mengsel van historiese, tussenoorlogse, Kommunistiese-era en moderne boustyle. In die tydperk tussen die twee Wêreldoorloë het die stad se elegante argitektuur en die gesofistikeerdheid van die plaaslike elite Boekrest die bynaam die "Parys van die Ooste" of "Klein Parys" (Micul Paris) geëin.[2] Hoewel baie geboue en distrikte in die geskiedkundige stadskern beskadig of vernietig is deur oorlog, aardbewings en eermalige president Nicolae Ceaușescu se program van sistematisering, het baie behoue gebly. In die laaste paar jaar het die stad 'n ekonomiese en kulturele voorspoedgolf beleef.[3]

Volgens amptelike skattings het die eintlike Boekarest teen Januarie 2006 'n bevolking van 1 930 390 gehad.[4] Die stedelike gebied strek verby die grens van die stad self en het 'n bevolking van 2,1 miljoen.[5] As die satellietdorpe om die stedelike gebied ingesluit word, het die metropolitaanse gebied van Boekarest 'n bevolking van 2,6 miljoen mense.[5] Boekarest is die sesde grootste stad in die Europese Unie volgens bevolking.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Bucharest Travel Guide, Fodors
  2. Bucharest, the small Paris of the East, on the Museums from Romania web site.
  3. Bucica, 2000, p.6.
  4. INS, Government of Romania. ""Populatia Romaniei scade de la an la an"" (in Roemeens). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 7 Maart 2007.
  5. 5,0 5,1 XIX Meeting of METREX Network, Nürnberg, 15-18 Junie 2005. ""Bucharest: Few expectations for urban development", page 29" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2007. Besoek op 7 Maart 2007.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)