Faith Like Potatoes
Voorkoms
Faith Like Potatoes | |
---|---|
Regisseur | Regardt van den Bergh |
Produksieleier | Frans Cronje Kirstin Barwise |
Met | Frank Rautenbach Jeanne Wilhelm Hamilton Dhlamini Sean Michael |
Musiek deur | Grant Innes McLachlan |
Kinematografie | Dave Aenmey |
Redigeerder | Ronelle Loots |
Ateljee | Affirm Films |
Uitgereik | 27 Oktober 2006 in Suid-Afrika 7 April 2009 in die VSA |
Speeltyd | 116 minuute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Engels en Zoeloe |
IMDb-profiel |
Faith Like Potatoes is 'n Suid-Afrikaanse rolprent wat op 27 Oktober 2006 vrygestel is. Die rolprent is gebaseer op 'n boek met dieselfde naam wat Angus Buchan in 1988 uitgegee het. Die regisseur was Regardt van den Bergh. Dit het ongeveer R3 580 335 by die loket verdien.[1]
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n drama.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Frank Rautenbach as Angus Buchan
- Jeanne Neilson as Jill Buchan
- Hamilton Dlamini as Simeon
- Sean Michael as Fergus Buchan
- Casper Badenhorst as Koos
- Matthew Dylan Roberts as Percy
- Anton Treurnich as Steyn
- Candice D'Arcy as Joanne
- Morne Theunissen as John
- Rochelle Buchan as Morag
Storie
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n ware verhaal gebaseer op die lewe van Angus Buchan, 'n Zambiese boer van Skotse afkoms, wat sy plaas te midde van politieke onrus verlaat en na KwaZulu-Natal trek op soek na 'n beter lewe. Maar die nuwe lewe is moeiliker as verwag en hy verval gou in 'n vernietigende siklus van vrees en haat. Hy bekeer hom egter later en word 'n vurige organiseerder van samekomste om te bid vir reën.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Is Kômmin Koning in SA[dooie skakel], Beeld, 14 Desember 2007