Felipe Massa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Felipe Massa
Massa by die 2014 Italiaanse Grand Prix
Massa by die 2014 Italiaanse Grand Prix
Geboortedatum 25 April 1981 (1981-04-25) (35 jaar oud)
Geboorteplek São Paulo, Brasilië
Volle naam
Nasionaliteit Vlag van Brasilië Brasilië
Aktiewe jare 2002–tans
Ou span(ne)
Span in 2016
Motornommer 19
Inskrywings 231
Kampioenskappe 0
Wenne 11
Podiums 41
Loopbaanpunte 1071
Voor-wegspronge 16
Vinnigste rondtes 15
Eerste wedren 2002 Australiese GP
Eerste wen 2006 Turkse Grand Prix
Laaste wen 2008 Brasiliaanse GP
Laaste inskrywing Aboe Dhabi GP
Laaste seisoen 2015
Verlede jaar plek 6de (121 punte)
Felipe Massa in Ferrari-kleure, 2010

Felipe Massa (gebore 25 April 1981, São Paulo) is 'n Brasiliaanse Formule Een-renjaer. Hy jaag sedert 2014 vir die Williamsspan nadat hy van 2006 tot 2013 deel van die Ferrarispan was.

Massa se F1-debuut was in 2002. Sy beste seisoenprestasie tot op datum was toe hy in 2008 die naaswenner was ná Lewis Hamilton. Hy was in 2006 ook die eerste Brasiliaanse renjaer sedert Ayrton Senna in 1993 wat die wedren in Brasilië kon wen.

In die middel van die 2009-seisoen het Massa 'n ernstige ongeluk in Hongarye gehad wat byna sy lewe geëis het. Hy is in die span deur Luca Badoer en Giancarlo Fisichella vervang. Ná ’n reeks toetse het Ferrari aangekondig dat Massa van 12 Oktober 2009 af weer vir hulle sou jaag.

In 2013 het Massa aanvanklik goed gevaar in die Australiese Grand Prix, maar hy het uiteindelik vierde geëindig. In Maleisië het hy vyfde geëindig, in Sjina sesde, in Bahrein 15de ná teëspoed en in Spanje derde. In Monaco was hy in twee ongelukke betrokke weens ’n fout met sy motor, maar hy het ongedeerd daarvan afgekom.

Verwysings[wysig | wysig bron]