Ferretti Group

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ferretti S.p.A.
Ferretti Group.svg.png

Yacht Mochi Craft Dolphin 74.jpg
Tipe Società per azioni (SpA)
Gestig 1968 in Bologna
Hoofkantoor Forlì, FC, Emilia-RomagnaItalië
SleutelpersoneTan Xuguang (voorsitter)
Alberto Galassi (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieSkeepsbou
ProdukteLuukse motorjagte
Inkomste€623 miljoen (2017)
Netto inkomste€24 miljoen (2017)
Werknemers1 500 (2017)
MoedermaatskappyWeichai Group (86,2%)
Piero Ferrari (13,2%)
Slagspreuk«Passion, innovation, excellence»
Webwerfferrettigroup.com

Ferretti S.p.A. (handelsnaam: Ferretti Group) is 'n multinasionale skeepsvervaardiger wat sy setel in Forlì, Italië het. Die onderneming spesialiseer in die ontwerp, bou en bemarking van luukse motorjagte wat onder die handelsmerke Ferretti Yachts, Custom Line, Pershing, Itama, Riva, Mochi Craft en CRN verkoop word. Ferretti is die markleier vir luukse jagte in Europa.

Ferretti is in 1968 deur Alessandro en Norberto Ferretti gevestig wat aanvanklik kleiner bote vervaardig het. Drie jaar later het die onderneming sy eerste motorseilboot bekendgestel. Ferretti het gegroei met die oorname van ander boots- en jagvervaardigers. In 2012 is Ferretti deur die Chinese Weichai Group oorgeneem, 'n belangrike rolspeler op die markte vir swaar masjiene en motors.

Ferretti se vervaardigingsaanlegte is in Italië en die Verenigde State geleë. Dogtermaatskappye is in die Verenigde State (Ferretti Group North America en Brasilië (Ferretti Group Brazil met setel in São Paulo) gevestig, terwyl daar ook gebiedsverteenwoordigers in Hong Kong en Shanghai (Ferretti Group Asia Pacific) is.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Media