Fidjiaans
Voorkoms
Fidjiaans Na Vosa Vakaviti | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Fidji | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 340 000 (moedertaal) 320 000 (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Sentraal-Oseanies Fidjiaans | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Fidji | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | fj | |
ISO 639-2: | fij | |
ISO 639-3: | fij | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Fidjiaans (Na Vosa Vakaviti) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels en Fidjiaanse Hindi die amptelike tale van die eilandnasie Fidji vorm.[2] Die teks van Fidji se volkslied, Meda Dau Doka, is in Fidjiaans. Sedert 2005 word oor Fidjiaans se status debater en verskeie groepe beywer hulle vir 'n opgradering van Fidjiaans as "nasionale taal" van Fidji, terwyl Engels en Fidjiaanse Hindi ampstale sal bly.
Fidjiaans het sowat 340 000 moedertaalsprekers, terwyl sowat 320 000 mense dit as 'n tweede taal praat. Dit is een van die mees verspreide Oseaniese tale en is verwant aan verskeie Polinesiese tale.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Fijian". Ethnologue. Besoek op 2 September 2022.
- ↑ (en) Dr. A. Tschentscher, LL. M. "Section 4 of Fiji Constitution". www.servat.unibe.ch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 12 Februarie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir fidjiaans.
- (en) "Fijian language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 September 2022.