Maleis-Polinesiese tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Maleis-Polinesiese tale
Geografiese
verspreiding:
Suidoos-Asië, Oseanië en Madagaskar
Genetiese
klassifikasie
:
Austronesies
 Maleis-Polinesiese tale
Onderafdelings:
Malayo-Polynesian-en.svg

Die westelike sfeer van Maleis-Polinesiese tale. ██ Filippyns (nie getoon: Yami in Taiwan) ██ Borneaans ██ Soenda-Sulawesi (nie getoon: Chamorro) ██ Sentraal-Maleis-Polinesies ██ Halmahera-Cenderawasih ██ die mees westelike Oseaniese tale

Takke van die Oseaniese tale: ██ Admiraliteits en Yapees ██ Sint-Matthias ██ Wes-Oseanies ██ Temotu ██ Suidoos-Salomonies ██ Suid-Oseanies ██ Mikronesies ██ Fidjiaans-Polinesies

Die Maleis-Polinesiese tale is verreweg die belangrikste taalgroep van die Austronesiese tale wat die grootste aantal moedertaalsprekers omvat. Dit omvat omtrent 1100 tale wat deur sowat 300 miljoen mense gepraat word. Die Maleis-Polinesiese tale word deur die Austronesiese bevolking op die eilande van Suidoos-Asië en die Stille Oseaan, met 'n kleiner aantal op die vasteland van Asië, gepraat. Kambodja, Laos en Viëtnam vorm die mees noordwestelike verspreidingsgebied, wat op die Maleise Skiereiland oorgaan. Malgassies word in die eilandnasie van Madagaskar gepraat, geleë aan die oostelike kus van Afrika in die Indiese Oseaan. Dele van die taalfamilie toon 'n sterk invloed deur Sanskrit en gedeeltelik Arabies omdat die westelike deel van die streek 'n vesting van Hindoeïsme, Boeddhisme en sedert die 10de eeu van Islam gevorm het.

Die Kern-Maleis-Polinesiese tale word deur sowat 230 miljoen mense gepraat en sluit in Maleis, Indonesies, Soendanees, Javaans, Balinees, Acehnees; asook die Oseaniese tale soos Tolai, Gilbertees, Fidjiaans en Polinesiese tale soos Hawais, Māori, Samoaans, Tahitiaans en Tongaans.

Die Filippynse tale word deur sowat 100 miljoen mense gepraat en sluit in Tagalog (Filippyns), Cebuano, Ilokano, Hiligaynon, Sentraal-Bikol, Waray-Waray en Kapampangan, elk met ten minste drie miljoen sprekers.

Die mees gebruikte Borneaanse taal is Malgassies met 20 miljoen sprekers.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • (en) (2013) “Malayo-Polynesian”, Glottolog. Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]