Fort England Psigiatriese hospitaal
Voorkoms
Fort England is 'n hospitaal vir sielsiekes in Grahamstad.
Die eerste geboue dateer uit 1815 toe die militêre pos bekend was as die Witrugkamp en ook as die East Barracks. Tydens die Vyfde Grensoorlog (1818-1819) was hier 'n garnisoen van 301 man onder kol. Thomas (Tiger Tom) Willshire gestasioneer. Na 1850 was die fort die hoofkwartier van die Kaapse Korps onder die bevel van genl.-maj. (later sir) Henry Somerset, 'n bekende aanvoerder tydens die Kaapse grensoorloë en seun van goewerneur lord Charles Somerset.
Die fort is vernoem na lt.-kol. Richard England van die 75ste regiment en bevelvoerder tydens die Sesde Grensoorlog (1834-36). Sedert 1875 huisves die geboue en terrein 'n hospitaal.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Oberholster, J.J.: Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972. ISBN 0-620-00191-7