Frans Erasmus
François Christiaan Erasmus | |
Minister Erasmus in 1953 | |
Ampstermyn 12 Desember 1959 – 10 Augustus 1961 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd |
---|---|
Voorafgegaan deur | Charles Robberts Swart |
Opgevolg deur | John Vorster |
Ampstermyn 4 Junie 1948 – 12 Desember 1959 | |
Eerste minister | |
Voorafgegaan deur | Jan Smuts |
Opgevolg deur | Jacobus Johannes Fouché |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Januarie 1896 Houtenbeck, Merweville, Kaapkolonie |
Sterf | 1 Julie 1967 (op 71) Bredasdorp, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | Nasionale Party |
Eggenoot/-note | Christina Wiese |
François Christiaan Erasmus (19 Januarie 1896 - 1 Julie 1967) was 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party. Hy was die Minister van Verdediging van Junie 1948 tot 1959, en Minister van Justisie van 1959 tot Augustus 1961.
Hy is op Houtenbeck in die Merweville-distrik van die Kaapkolonie gebore as seun van Marthinus Frederik Erasmus en Hester Maria Jacoba Maritz.
Gesinslewe
[wysig | wysig bron]Erasmus was aanvanklik getroud met Christina Wiese van Melsetter in die destydse Suid-Rhodesië. Hulle het 'n seun en 'n dogter gehad. Op 9 Januarie 1946 trou hy met Cornelia Margaretha (Corrie) Naudé van Lydenburg. Hulle het drie dogters gehad.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]In 1927 word hy as adjunk-prokureurgeneraal van Suidwes-Afrika aangestel. Daarna betree hy die politiek en word in 1933 tot die parlement verkies. Hy het in 1948 by D.F. Malan se kabinet aangesluit as die Minister van Verdediging. Hy word allerweë as onbevoeg beskou en was baie ongewild vanweë sy breë veranderings aan die weermag om wat hy die 'Britse invloed' genoem het, te verwyder.[1] Dit sluit in die verwydering van items soos die Red Tabs (Rooi Luise) en die aflegging of afdanking van talle Engelssprekende offisiere en die aanstelling van Afrikaners in hul plek.
Ná sy termyn as Minister van Justisie word hy aangestel as ambassadeur in Italië.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Warwick, Dr Rodney (5 Desember 2014). "Let's not forget SA's role in WW2". politicsweb.co.za. Besoek op 13 Desember 2014.
The NP government from 1948 cautiously distanced itself from the OB, however its main concern with the UDF was to Afrikanerize it as thoroughly and quickly as practical. This task was taken on by the unpopular and incompetent defence minister Frans Erasmus; supported by lackeys like the war "refusenik" Afrikaner nationalist Rudolph Hiemstra, who ultimately rose to the SADF Commandant-General position during 1965-73.
[dooie skakel]