Geiser (bron)
Voorkoms
'n Geiser of spuitbron is 'n natuurlike warmwaterbron wat deur aardhitte verhit word en op min of meer vasgestelde tye 'n mengsel van warm water en stoom die lug in spuit. Dit is 'n vulkaniese verskynsel.
Die naam geiser kom van Geysir, die naam van die bekendste geiser in Ysland, wat op sy beurt afgelei is van die werkwoord að gjósa wat spuit/spuwe (van 'n vulkaan of termiese bron) beteken.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Geiser, huishoudelike toestel wat warm water lewer.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geiser (bron).