George Best

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
George Best
George best 1976.jpg
George Best in 1976
Persoonlike inligting
Geboortenaam George Best
Gebore (1946-05-22)22 Mei 1946
Geboorteplek Belfast, Noord-Ierland
Oorlede 25 November 2005 (op 59)
Plek oorlede Londen, Engeland
Hoogte 1,75 m
Speelposisie Vleuel/Aanvallende middelveldspeler
Jeugloopbaan
1961–1963 Manchester United
Seniorloopbaan*
Jare Span Kere (Doele)
1963–1974 Manchester United 361 (137)
1974 Jewish Guild (leen) 5 (1)
1974 Dunstable Town (leen) 0 (0)
1975 Stockport County 3 (2)
1975–1976 Cork Celtic 3 (0)
1976 Los Angeles Aztecs 23 (15)
1976–1977 Fulham 42 (8)
1977–1978 Los Angeles Aztecs 32 (12)
1978–1979 Fort Lauderdale Strikers 28 (6)
1979–1980 Hibernian 17 (3)
1980–1981 San Jose Earthquakes 56 (21)
1980–1982 San Jose Earthquakes 21 (33)
1982 Sea Bee 2 (0)
1982 Hongkong Rangers 1 (0)
1983 Bournemouth 5 (0)
1983 Brisbane Lions 4 (0)
1983 Osborne Park Galeb 1 (1)
1983 Nuneaton Borough 3 (1)
1984 Tobermore United 4 (6)
Totaal 604 (239)
Nasionale span
1964–1977 Noord-Ierland 37 (9)
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).
Muurskildery in Woodstock Road, East Belfast

George Best (* 22 Mei 1946; † 25 November 2005) was 'n Noord-Ierse professionele sokkerspeler wat as buitespeler vir die Engelse sokkerklub Manchester United en die nasionale sokkerspan van Noord-Ierland gespeel het. In 1968 het hy die UEFA Champions League met Manchester United gewen en is as die Europese Sokkerspeler van die Jaar en FWA-sokkerspeler van die Jaar aangewys. Die Irish Football Association het na Best verwys as die "grootste speler wat ooit die groen trui van Noord-Ierland gedra het".[1]

Best, wat in Belfast as seun van 'n skeepswerfarbeider gebore en ook daar grootgemaak is, het sy klubloopbaan met Manchester United in Engeland begin nadat hy op vyftienjarige leeftyd die aandag van 'n talentsoeker getrek het. Dié het 'n telegram aan die sokkerklub se bestuurder, Matt Busby, gestuur met die woorde: "I think I've found you a genius."

Nadat hy sy debuut vir United op sewentienjarige leeftyd gemaak het, het Best oor 'n tydperk van elf jaar 179 doele in 470 wedstryde aangeteken wat van hom die klub se beste ligaspeler in vyf opeenvolgende seisoene gemaak het.[2]

Ná sy ontydige afsterwe in 2005 - George Best het 'n lang stryd teen alkoholisme gevoer - is Belfast City Airport ter geleentheid van sy 60ste verjaardag hernoem na George Best Belfast City Airport. Die voormalige Scottish Mutual-gebou in Donegall Square South in Belfast se middestad word tans as 'n luukse hotel herontwikkel wat die naam The George Best Hotel sal dra.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]