George Edward Post

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
George Edward Post
Gebore 1838
Oorlede 1909
Nasionaliteit Amerikaans
Vakgebied Geneeskunde, Teologie, Plantkunde.
Instelling(s) Amerikaanse Universiteit van Beiroet
Alma mater Universiteitskollege van New York
Beïnvloed deur Alfred Charles Post

George Edward Post (1838-1909), seun van Alfred Charles Post, was 'n professor in chirurgie by die Siriese Protestantse Kollege in Beiroet, nou die Amerikaanse Universiteit van Beiroet (AUB). [1]

Hy het oorspronklik gegradueer aan die Universiteitskollege van New York. [2] Hy het later 18 artikels in Arabies gepubliseer, insluitend Arabic Dictionary of the Holy Bible, Classification and Study of Principles of Plant Physiology and Function asook Rules How to Succeed. Hy het ook twee tekste van Arabies na Engels vertaal.[2] Post published broadly in the areas of natural history, medicine, and theology.[3]

Post het oor 'n wye spektrum op die gebiede van natuurhistoriese geskiedenis, geneeskunde en teologie gepubliseer. [4] Post het formeel 221 taxa beskryf en in 1896 'n uitgebreide volume oor die Plante van Sirië, Palestina en Sinai gepubliseer. Hy was ook in 1893 'n bydraer tot Smith se Bybelwoordeboek. [5] Hy was ook in 1932 die mede-redakteur (saam met John Edward Dinsmore), van Flora of Syria, Palestine, And Sinai: Volume 1: A Handbook of The Flowering Plants and Ferns, Native and Naturalized From The Taurus to Ras Muhammad en From the Mediterranean Sea to The Syrian Desert, Vol I and II. [6] Dit sluit die beskrywing van baie nuwe plante, insluitende Iris hermona in . [7]

Die standaard-outeursafkorting Post word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Ander Bronne[wysig | wysig bron]

  • Jessup, H. H., 1910. Fifty-three years in Syria. New York: Fleming H. Revell. 2 volumes.
  • Khoury, G.Y., 1992. The founding fathers of the American University of Beirut biographies. Beirut: American University of Beirut. Pp 232 (English), 215 (Arabic).
  • Musselman, L.J., 2006. The botanical activities of George Edward Post (1838-1909). Archives of natural history 33(2): 282-301.

Eksterne Skakels[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Sjabloon:Cite AMB1920
  2. 2,0 2,1 Mounir(Munir) E Nassar, M.D., FACP Clinical Medicine Research History at the American University of Beirut, Faculty of Medicine (120-1974) op Google Boeke
  3. L.J. Musselman and N.S. Saoud, 2004. The Type Specimens of George Edward Post in Beirut and Geneva. Turkish Journal of Botany, 28, 155-160.
  4. L.J. Musselman and N.S. Saoud, 2004. The Type Specimens of George Edward Post in Beirut and Geneva. Turkish Journal of Botany, 28, 155-160.
  5. Robert E. Thompson A History of the Presbyterian Churches in the United States op Google Boeke
  6. Flora of Syria, Palestine, And Sinai”. abebooks.com. URL besoek op 31 October 2016.
  7. Iridaceae Iris hermona Dinsm.”. ipni.org (International Plant Names Index). URL besoek op 24 October 2016.