Gaan na inhoud

Gerda Steyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gerda Steyn
Gebore3 Maart 1990 (1990-03-03) (34 jaar oud)
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepMaratonatleet
Ouer(s)Pieter en Trudie Steyn

Gerda Steyn (gebore 3 Maart 1990) is 'n Suid-Afrikaanse vrouemaraton- en ultramaratonatleet. Sy het die op-Comrades in 2019 in 'n nuwe rekordtyd van 5:58:53 gewen, die eerste vrou ooit wat onder ses uur kon aanteken in die opwedloop.

Haar ouers is Pieter en Trudie Steyn, sy het 'n suster, Estie, en 'n broer, Stefan. Gerda het op 'n plaas in die omgewing van Bothaville grootgeword en in 2008 haar matriek aan die Hoërskool Bothaville behaal. Daarna het sy haar as 'n bourekenaar bekwaam aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2014 het sy weens werk na Doebai verhuis, waar sy by 'n hardloopklub aangesluit het. Sy het haar puik talent vir hardloop hier ontdek.

Sy het ook die Twee Oseane-maraton in 2019 in 'n tyd van 3:31:28 gewen. Haar beste tyd oor die standaardmaraton is 2:27:48, wat sy tydens die New York-maraton in 2019 opgestel het.

Op 11 April 2021 verbeter sy die 25-jaar oue Suid-Afrikaanse rekord vir die standaardmaraton na 2:25:28 tydens 'n wedloop in Siena, Italië.[1]

Prestasies

[wysig | wysig bron]
Jaar Wedren Plek Posisie Tyd
2015 Comrades Durban 56 ste 8:19:08
2016 Twee Oseane Kaapstad 14de 4:15:44
2016 Comrades Pietermaritzburg 14de 7:08:23
2017 Comrades Durban 4de 6:45:45
2018 Twee Oseane Kaapstad 1ste 3:39:32
2018 Comrades Pietermaritzburg 2de 6:15:34
2018 New York-maraton New York 13de 2:31:04[2]
2019 Twee Oseane Kaapstad 1ste 3:31:28
2019 Comrades Durban 1ste 5:58:53
2019 New York-maraton New York 11de 2:27:48[2]
2020 Londen-maraton Londen 7de 2:26:51[3]
2021 Xiamen Tuscany Camp Elite Maraton Siena, Italië 9de 2:25:28 [4]
2021 Olimpiese Somerspele Sapporo 15de 2:32:10
2022 Twee Oseane Kaapstad 1ste 3:29:42[5]
2023 Comrades Durban 1ste 5:44:54

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. https://www.timeslive.co.za/sport/2021-04-11-queen-gerda-steyn-breaks-25-year-old-sa-marathon-record/
  2. 2,0 2,1 "New York Road Runners Official Race Results". results.nyrr.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
  3. "Gerda Steyn flies SA flag at London Marathon". Sport (in Engels). Besoek op 5 Oktober 2020.
  4. Nuwe Suid-Afrikaanse rekord.
  5. "Sensational Gerda Steyn obliterates course record to claim third Two Oceans title". News24. Besoek op 17 April 2022.