Pietermaritzburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pietermaritzburg
Pietermaritzburg se stadsaal uit die jaar 1893 is na bewering die grootste baksteengebou in die Suidelike Halfrond. Die stadsaal is in 1895 deur 'n brand verwoes en in 1901 herbou.
Pietermaritzburg se stadsaal uit die jaar 1893 is na bewering die grootste baksteengebou in die Suidelike Halfrond. Die stadsaal is in 1895 deur 'n brand verwoes en in 1901 herbou.
Bynaam: Maritzburg, PMB
Slagspreuk: "City of Choice"[1] (Stad van keuse)
Ligging van Pietermaritzburg op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Pietermaritzburg
Pietermaritzburg
 Pietermaritzburg se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°37′S 30°23′O Koördinate: 29°37′S 30°23′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distrik Umgungundlovu
Munisipaliteit Msunduzi
Stigting 1838[2]
Regering
 - Burgemeester Zanele Hlatshwayo[3] (ANC)
Oppervlak[4]
 - Stad 126,15 km²  (48,7 vk m)
Bevolking (2011)[4]
 - Stad 223 448
 - Digtheid 1 771/km² (4 586,9/myl2)
Ras (2011)[4]
 • Swart 70.0%
 • Kleurling 6.9%
 • Indiër/Asiër 8.4%
 • Blank 14.2%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[4]
 • Zoeloe 57.0%
 • Engels 28.9%
 • Afrikaans 4.2%
 • Xhosa 3.5%
 • Ander 6.3%
Poskode (straat) 3180
Poskode (posbus) 3180
Skakelkode(s) 034

Pietermaritzburg (ook bekend slegs as Maritzburg) is die hoofstad van die provinsie KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die stad, wat 596 meter bo seevlak in die hart van Zoeloeland lê, was oorspronklik die eerste hoofstad van die Boererepubliek Natalia. Desondanks het die stad vandag 'n sterk Engelse voorkoms. Danksy die bewaring van sy historiese geboue word Pietermaritzburg dikwels as een van die mooiste Victoriaanse stede in Afrika beskryf.[5]

Geskiedenis[wysig]

Die eerste Voortrekkers, wat die gebied van die Midlands in 1837 bereik het, het hulle in die vrugbare heuwellandskap van die Umsindusirivier gevestig. Die dorp, wat hulle as die sentrum van die nuwe republiek Natalia gestig het, is vernoem na die Voortrekkerleiers Piet Retief en Gerrit Maritz en in 'n soort dreineringsruitpatroon aangelê. In 1839 is die dorp Pietermaritzburg amptelik geproklameer.[6]

Onder die Britte, wat in 1843 aan bewind gekom het, het Pietermaritzburg 'n administratiewe en militêre sentrum van die kolonie Natal geword. Die oorspronklike Voortrekkerpatroon het behoue gebly, tog het die Britte ook begin om kruisstrate aan te lê, terwyl arkades en lane vir die gebruik van voetgangers ontstaan het. Indiërs, wat deur die Britte as werkers na die gebied gebring is, gee die stad later ook 'n Oosterse inslag.

'n Skildery deur JH Pierneef van die Geloftekerkie soos dit moes gelyk het kort na voltooiing.

Besienswaardighede[wysig]

Voortrekkerhuis is die enigste gebou uit die vroeë geskiedenis van Pietermaritzburg, wat bewaar is. Die gebou met twee verdiepings is gerestoureer en gee met sy geelhoutplafon en houtvloer 'n goeie indruk van die Voortrekkers se ambagskuns.

Die Macroriehuis-museum behandel die Victoriaanse lewenstyl van die eerste Britse setlaars. Dit is oorspronklik die tuiste van biskop William Macrorie, wat hier in die tydperk tussen 1869 en 1891 gewoon het.

Susterstede[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Pietermaritzburg (kategorie)
  1. www.msunduzi.org.za
  2. Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)”. pp. xlv-lii
  3. Zanele Hlatshwayo is die eerste swart vroulike burgemeester van PMB
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 Hoofplek Pietermaritzburg”. Sensus 2011.
  5. Williams, Janet: Pietermaritzburg - Victoriaanse stad. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 32, nommer 8 (Augustus 1987), bl. 48
  6. Williams (1987), bl. 49