Olimpiese Somerspele 2020
Spele van die XXXIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 2020年夏季オリンピック, Hepburn: Nisen Nijū-nen Kaki Orinpikku), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIste Olimpiade, sou oorspronklik tussen 24 Julie en 9 Augustus 2020 in Tokio, Japan, aangebied gewees het,[1] met die nuwe datums van 23 Julie tot 8 Augustus 2021.[2] Tydens die geleentheid het 11 090 atlete uit 206 nasies aan 339 items in 33 verskillende sportsoorte deelgeneem.
Dit was die 32ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 en die tweede keer wat Tokio die spele gehuisves het na hulle eerste spele in 1964. Naas Tokio was Istanboel en Madrid kandidate vir die aanbied van die 2020-Somerspele. Ná die Rugbywêreldbeker 2019 is die Olimpiese Somerspele 2020 die tweede groot sportkompetisie in Japan binne twee jaar. Verder was dit die tweede van drie agtereenvolgende Olimpiese Spele wat in 'n Asiatiese stad aangebied was, ná Pyeongchang (2018) en voor Beijing (2022).
Die opening- en sluitingseremonies het in die Japannese Nasionale Stadion in Tokio plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer Japan laaste, maar aangesien die plaaslike taal Japannees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Chad le Clos (swem) en Phumelela Mbande (veldhokkie) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[3]
As gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee met die Japannese reëlingskomitee ooreengekom om die Olimpiese Somerspele 2020 vir een jaar uit te stel. Die sportgeleentheid het egter steeds sy amptelike naam behou as die Olimpiese Somerspele van die jaar 2020. Dit was die eerste keer dat 'n moderne Olimpiese Spele uitgestel en in 'n onewe jaar gehou is.[4][5] Verder het die Japannese regering en die Internasionale Olimpiese Komitee aangekondig dat dit sonder enige toeskouers sou plaasvind.[6][7][8]
Die Paralimpiese Somerspele 2020 is tussen 24 Augustus en 5 September 2021 in Tokio gehou.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Van die stede wat hulself beskikbaar gestel het om die Spele aan te bied sluit in (die lys is nie volledig nie):
- Afrika
- Europa
- Asië
Tokio is op 7 September 2013 in Buenos Aires deur die Internasionale Olimpiese Komitee as gasheer aangewys vir die Olimpiese Somerspele in 2020. Ander kandidate was Istanboel en Madrid.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2020[10] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | ||
Tokio | Japan | 42 | — | 60 | ||
Istanboel | Turkye | 26 | 49 | 36 | ||
Madrid | Spanje | 26 | 45 | — |
Sporte
[wysig | wysig bron]Tydens die Olimpiese Somerspele 2020 was daar in nuwe Olimpiese sportsoorte soos 3x3 Basketbal, BMX vryslag, koppelfietsry en verdere gemengde items meegeding. Onder die nuwe IOK-beleid, wat die gasheer toelaat om nuwe sportsoorte by die Olimpiese program ter aanvulling van die permanente kerngebeurtenisse te voeg, het tydens die Spele karate, klimsport, branderplankry en skaatsplankry hul Olimpiese debuut gemaak, terwyl bofbal en sagtebal weer vir die eerste keer sedert 2008 aangebied is.[11]
33 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 339 medaljes oorhandig.
- Atletiek (48)
- Basketbal
- 3x3 Basketbal (2)
- Basketbal (2)
- Bofbal / Sagtebal
- Boks (13)
- Boogskiet (5)
- Branderplankry (2)
- Driekamp (3)
- Fietsry
- Baan (12)
- Bergfietsry (2)
- BMX vryslag (2)
- BMX wedvaart (2)
- Pad (4)
- Gewigoptel (14)
- Gholf (2)
- Gimnastiek
- Artistiek (14)
- Ritmies (2)
- Trampolien (2)
- Handbal (2)
- Judo (15)
- Kanovaart
- Slalom (12)
- Snel (4)
- Karate
- Kata (2)
- Kumite (6)
- Klimsport (2)
- Moderne vyfkamp (2)
- Pluimbal (5)
- Roei (14)
- Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
- Seilvaart (10)
- Sewesrugby (2)
- Skaatsplankry (4)
- Skermsport (12)
- Skyfskiet (15)
- Sokker (2)
- Stoei
- Grieks-Romeins (6)
- Vrystyl (12)
- Taekwondo (8)
- Tafeltennis (5)
- Tennis (5)
- Veldhokkie (2)
- Vlugbal
- Strandvlugbal (2)
- Vlugbal (2)
- Watersport
- Gesinchroniseerde swem (2)
- Maratonswem (2)
- Sierduik (8)
- Swem (35)
- Waterpolo (2)
Stadions
[wysig | wysig bron]Erfenissone
[wysig | wysig bron]Sewe plekke is binne die sentrale sakedistrik van Tokio, noordwes van die Olimpiese dorp geleë. Van hierdie plekke is ook vir die Olimpiese Somerspele 1964 ingespan.
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Japannese Nasionale Stadion | seremonies (opening/sluiting) | 68 000 | Voltooi |
Atletiek (baan en veld) | |||
Sokker (vroue se eindstryd) | |||
Yoyogi Nasionale Gimnasium | Handball | 13 291 | Klaar |
Ryōgoku Kokugikan | Boks | 11 098 | Klaar |
Tokio Metropolitaanse Gimnasium | Tafeltennis | 10 000 | Klaar |
Nippon Budokan | Judo | 14 471 | Klaar |
Karate | |||
Tokio Internasionale Forum | Gewigoptel | 5 012 | Klaar |
Tokiobaaisone
[wysig | wysig bron]13 plekke vir 15 sporte was in of naby Tokiobaai, suidoos van die Olimpiese dorp, hoofsaaklik op Ariake, Odaiba en die omliggende kunsmatige eilande geleë.
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Kasai Rinkai Park | Kanovaart (slalom) | 8 000 | Klaar, gebou vir die speletjies |
Oi Hokkiepark | Veldhokkie | 15 000 | Klaar, gebou vir die speletjies |
Olimpiese watersportsentrum | Watersport (swem, sierduik, gesinchroniseerde swem) | 15 000 | Voltooi |
Tokio Tatsumi Internasionale swemsentrum | Waterpolo | 3 635 | Klaar |
Yumenoshimastadion | Boogskiet | 7 000 | Voltooi |
Ariake-arena | Vlugbal | 12 000 | Klaar, gebou vir die speletjies |
Ariake Stedelike Sportsentrum | BMX vryslag, BMX wedvaart | 6 000 | Onder konstruksie |
Skaatsplankry | |||
Ariake Gimnastieksentrum | Gimnastiek (artistiek, ritmies, trampolien) | 10 000 | Klaar, gebou vir die speletjies |
Ariake Coliseum | Tennis | 20 000 (10 000 sentrale baan; 5 000 baan 1, 3 000 baan 2, 8x250 wedstrydbane) | Klaar, opgeknap |
Odaiba Marienepark | Driekamp | 5 000 sitplekke, onbeperkte staanplekke langs die roete | Klaar, met tydelike pawiljoene |
Watersport (maratonswem) | |||
Shiokaze Park | Strandvlugbal | 12 000 | Tydelik |
Sentrale Breakwater en Sea Forest Waterway | Ruitersport (driefasekompetisie) | 20 000 | Klaar, met tydelike infrastruktuur |
Roei | |||
Kanovaart (snel) | |||
Aomi Stedelike Sportsentrum | 3x3 basketbal | 5 000 | Tydelik |
Klimsport |
Afgeleë sportplekke
[wysig | wysig bron]16 sportplekke vir 16 sporte was meer as 8 km van die Olimpiese dorp af geleë.
Stadions | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Camp Asaka | Skyfskiet | 3 200 | Klaar, opgeknap |
Musashino Woudsportplek | Moderne vyfkamp (skermsport) | 10 000 | Klaar, gebou vir die speletjies |
Pluimbal | |||
Musashinonomori Park, Fuchū | Padfietsry (wegspringplekke) | Tydelik | |
Tokio-stadion | Sokker (groepfase) | 49 970 | Klaar |
Moderne vyfkamp (uitgesluit skermsport) | |||
Sewesrugby | |||
Saitama Superarena | Basketbal | 22 000 | Klaar |
Enoshima | Seilvaart | 10 000 | Klaar met tydelike pawiljoene |
Makuhari Messe | Skermsport | 6 000 | Klaar met tydelike pawiljoene |
Taekwondo | |||
Stoei | 8 000 | ||
Baji Koen, Setagaya | Ruitersport (dressuur, spring) | 9 300 | Klaar met tydelike pawiljoene |
Kasumigase Buiteklub | Gholf | 30 000 | Klaar met tydelike pawiljoene |
Izu Velodrome, Shizuoka | Fietsry (baan) | 5 000 | Klaar, uitgebrei |
Izu Mountain Bike Course, Shizuoka | Bergfietsry | 11 500 | Klaar |
Jokohamastadion | Bofbal | 30 000 | Klaar |
Sagtebal | |||
Fukushima Azuma Bofbalstadion | Bofbal (openingswedstryd) | 30 000 | Klaar, opgeknap |
Sagtebal (openingswedstryd) | |||
Fuji-snelweg | Padfietsry (eindwedrenne, tydtoets) | 22 000 | Klaar |
Odori Park, Sapporo | Atletiek (maraton en stap) | 17 300 | Klaar |
Tsurigasaki Surfing Beach, Chiba | Branderplankry | 6 000 | Klaar |
Sokkerstadions
[wysig | wysig bron]Stadions | Ligging | Sporte | Wedstryde | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|---|---|
Internasionale Stadion Jokohama | Jokohama | Beide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde, vroue-halfeindstryd en mans-eindstryd | 10 | 70 000 | Klaar |
Tokio-stadion | Tokio | Beide mans en vroue se groepfase | 4 | 49 000 | Klaar |
Saitama-stadion | Saitama | Beide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde, mans-halfeindstryd en klein finale om die derde plek | 11 | 62 000 | Klaar |
Miyagi-stadion | Sendai | Beide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde | 10 | 49 000 | Klaar |
Kashima-sokkerstadion | Kashima | Beide mans en vroue se groepfase, kwarteindstryde en halfeindstryde, vroue se klein finale om die derde plek | 10 | 40 728 | Klaar |
Sapporo Dome | Sapporo | Beide mans en vroue se groepfase | 10 | 42 000 | Klaar |
Japannese Nasionale Stadion | Tokio | Vroue-eindstryd | 2 | 60 012 | Voltooi |
Kalender
[wysig | wysig bron]Die oorspronklike kalender vir die Olimpiese Somerspele 2020 is met 364 dae uitgestel om te verseker dat al die items op die oorspronklik beplande dag van die week plaasvind, waarvolgens die nuwe kalender van 21 Julie tot 8 Augustus geloop het.[12] Die 2020-kalender is deur die IOK op 18 Julie 2018 – met die uitsondering van swem, sierduik en gesinchroniseerde swem – goedgekeur.
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Julie / Augustus | 21 Wo |
22 Do |
23 Vr |
24 Sa |
25 So |
26 Ma |
27 Di |
28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
31 Sa |
1 So |
2 Ma |
3 Di |
4 Wo |
5 Do |
6 Vr |
7 Sa |
8 So |
Items | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||||||||
Atletiek | 1 | 3 | 4 | 5 | 6 | 5 | 8 | 8 | 7 | 1 | 48 | ||||||||||
Basketbal | 3x3 Basketbal | ● | ● | ● | 2 | 4 | |||||||||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||
Bofbal | |||||||||||||||||||||
Bofbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||||
Sagtebal | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||||||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | 13 | |||||
Boogskiet | ● | 1 | 1 | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | 5 | |||||||||||
Branderplankry | ● | ● | ● | 2 | 2 | ||||||||||||||||
Driekamp | 1 | 1 | 1 | 3 | |||||||||||||||||
Fietsry | Baan | 1 | 2 | 1 | 2 | 2 | 1 | 3 | 22 | ||||||||||||
Bergfietsry | 1 | 1 | |||||||||||||||||||
BMX | ● | 2 | ● | 2 | |||||||||||||||||
Pad | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||||||
Gewigoptel | 1 | 2 | 1 | 2 | 1 | 2 | 1 | 2 | 1 | 1 | 14 | ||||||||||
Gholf | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | ● | 1 | 2 | ||||||||||||
Gimnastiek | Artistiek | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | 3 | 3 | 18 | ||||||||||
Ritmies | ● | 1 | 1 | ||||||||||||||||||
Trampolien | 1 | 1 | |||||||||||||||||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||
Judo | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 1 | 15 | ||||||||||||
Kanovaart | Slalom | ● | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | 16 | |||||||||||||
Snel | ● | 4 | ● | 4 | ● | 4 | |||||||||||||||
Karate | 3 | 3 | 2 | 8 | |||||||||||||||||
Klimsport | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||||
Moderne vyfkamp | ● | 1 | 1 | 2 | |||||||||||||||||
Pluimbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 2 | 5 | ||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | 2 | 6 | 4 | 4 | 14 | ||||||||||||
Ruitersport | ● | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | 2 | ● | 1 | ● | 1 | 6 | ||||||||
Skaatsplankry | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | ||||||||||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | 4 | 2 | 10 | ||||||||||
Sewesrugby | ● | ● | 1 | ● | ● | 1 | 2 | ||||||||||||||
Skermsport | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 12 | |||||||||||
Skyfskiet | 2 | 2 | 2 | 2 | ● | 2 | 1 | 2 | ● | 2 | 15 | ||||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||||||
Stoei | ● | 3 | 3 | 3 | 3 | 3 | 3 | 18 | |||||||||||||
Taekwondo | 2 | 2 | 2 | 2 | 8 | ||||||||||||||||
Tafeltennis | ● | ● | 1 | ● | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 5 | |||||||
Tennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 3 | 5 | |||||||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||||
Vlugbal | Strandvlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 4 | ||||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||||
Watersport | Gesinchroniseerde swem | ● | ● | 1 | ● | 1 | 2 | ||||||||||||||
Maratonswem | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||||||
Sierduik | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 8 | |||||||
Swem | ● | 4 | 4 | 4 | 5 | 5 | 4 | 4 | 5 | 35 | |||||||||||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||
Totaal | 11 | 18 | 21 | 22 | 23 | 17 | 21 | 21 | 25 | 20 | 26 | 17 | 27 | 23 | 34 | 13 | 339 | ||||
Kumulatief | 11 | 29 | 50 | 72 | 95 | 112 | 133 | 154 | 179 | 199 | 225 | 242 | 269 | 292 | 326 | 339 | |||||
Julie / Augustus | 21 Wo |
22 Do |
23 Vr |
24 Sa |
25 So |
26 Ma |
27 Di |
28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
31 Sa |
1 So |
2 Ma |
3 Di |
4 Wo |
5 Do |
6 Vr |
7 Sa |
8 So |
Items |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar, word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
- Afghanistan (5)
- Albanië (9)
- Algerië (41)
- Amerikaanse Maagde-eilande (4)
- Amerikaans-Samoa (6)
- Andorra (2)
- Angola (20)
- Antigua en Barbuda (6)
- Argentinië (174)
- Armenië (17)
- Aruba (3)
- Australië (477)
- Azerbeidjan (44)
- Bahamas (16)
- Bahrein (32)
- Bangladesj (6)
- Barbados (8)
- Belarus (101)
- België (121)
- Belize (3)
- Benin (7)
- Bermuda (2)
- Bhoetan (4)
- Bolivië (5)
- Bosnië en Herzegowina (7)
- Botswana (13)
- Brasilië (302)
- Britse Maagde-eilande (3)
- Broenei (2)
- Bulgarye (42)
- Burkina Faso (7)
- Burundi (6)
- Chili (58)
- Colombia (70)
- Comore-eilande (3)
- Cookeilande (6)
- Costa Rica (14)
- Denemarke (107)
- Djiboeti (4)
- Dominica (2)
- Dominikaanse Republiek (63)
- Duitsland (425)
- Ecuador (48)
- Egipte (132)
- Ekwatoriaal-Guinee (3)
- El Salvador (5)
- Eritrea (13)
- Estland (33)
- Eswatini (4)
- Ethiopië (38)
- Fidji (30)
- Filippyne (19)
- Finland (45)
- Frankryk (385)
- Gaboen (5)
- Gambië (4)
- Georgië (35)
- Ghana (14)
- Grenada (6)
- Griekeland (83)
- Guam (5)
- Guatemala (24)
- Guinee (5)
- Guinee-Bissau (4)
- Guyana (7)
- Haïti (6)
- Honduras (27)
- Hongarye (166)
- Hongkong (42)
- Ierland (116)
- Indië (122)
- Indonesië (28)
- Irak (4)
- Iran (65)
- Israel (90)
- Italië (372)
- Ivoorkus (28)
- Jamaika (50)
- Japan (552)
- Jemen (5)
- Jordanië (14)
- Kaaimanseilande (5)
- Kaap Verde (6)
- Kambodja (3)
- Kameroen (12)
- Kanada (381)
- Kasakstan (93)
- Katar (16)
- Kenia (85)
- Kirgisië (17)
- Kiribati (3)
- Demokratiese Republiek die Kongo (7)
- Kongo (3)
- Kosovo (11)
- Kroasië (59)
- Kuba (70)
- Laos (4)
- Lesotho (2)
- Letland (33)
- Libanon (6)
- Liberië (3)
- Libië (4)
- Liechtenstein (5)
- Litaue (42)
- Luxemburg (12)
- Madagaskar (6)
- Malawi (5)
- Maledive (4)
- Maleisië (30)
- Mali (4)
- Malta (6)
- Marokko (48)
- Marshalleilande (2)
- Mauritanië (2)
- Mauritius (8)
- Meksiko (163)
- Mianmar (2)
- Gefedereerde State van Mikronesië (3)
- Moldowa (20)
- Monaco (6)
- Mongolië (43)
- Montenegro (33)
- Mosambiek (10)
- Namibië (11)
- Nauru (2)
- Nederland (278)
- Nepal (5)
- Nicaragua (8)
- Nieu-Seeland (213)
- Niger (7)
- Nigerië (58)
- Noord-Masedonië (8)
- Noorweë (85)
- Oekraïne (155)
- Oesbekistan (64)
- Oman (5)
- ROC (Russiese atlete; 333)
- Oostenryk (75)
- Oos-Timor (3)
- Pakistan (10)
- Palau (3)
- Panama (10)
- Papoea-Nieu-Guinee (8)
- Paraguay (8)
- Peru (35)
- Pole (210)
- Portugal (92)
- Puerto Rico (37)
- Roemenië (101)
- Rwanda (6)
- Salomonseilande (3)
- Samoa (8)
- San Marino (5)
- Saoedi-Arabië (29)
- São Tomé en Príncipe (3)
- Senegal (9)
- Sentraal-Afrikaanse Republiek (2)
- Serwië (87)
- Seychelle (5)
- Sierra Leone (4)
- Singapoer (23)
- Siprus (15)
- Sirië (6)
- Republiek China (68)
- Slowakye (41)
- Slowenië (53)
- Soedan (5)
- Somalië (2)
- Spanje (321)
- Sri Lanka (9)
- Staat Palestina (3)
- St. Kitts en Nevis (2)
- St. Lucia (5)
- St. Vincent en die Grenadine (3)
- Suid-Afrika (177)
- Suid-Korea (237)
- Suid-Soedan (2)
- Suriname (3)
- Swede (134)
- Switserland (107)
- Tadjikistan (11)
- Tanzanië (3)
- Thailand (41)
- Togo (4)
- Tonga (6)
- Trinidad en Tobago (23)
- Tsjad (3)
- Tsjeggië (117)
- Tunisië (63)
- Turkmenistan (9)
- Turkye (108)
- Tuvalu (2)
- Uganda (25)
- Uruguay (11)
- Vanuatu (3)
- Venezuela (44)
- Verenigde Arabiese Emirate (5)
- Verenigde Koninkryk (376)
- Verenigde State (613)
- Viëtnam (18)
- Vlugtelinge-atlete (29)
- Volksrepubliek China (406)
- Ysland (4)
- Zambië (26)
- Zimbabwe (5)
Suid-Afrikaanse deelname
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Suid-Afrika het in totaal 1 goue, 2 silwer- en 0 bronsmedaljes gewen:
- Tatjana Schoenmaker het 'n goue medalje in die 200 m-borsslag vir vroue met 'n nuwe Olimpiese rekord van 2:18.95 sekondes gewen.
- Tatjana Schoenmaker het silwer in die 100 m-borsslag vir vroue gewen.
- Bianca Buitendag het silwer in branderplankry vir vroue gewen.
Aantal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 613 | 39 | 41 | 33 | 113 |
2 | Volksrepubliek China (CHN) | 406 | 38 | 32 | 18 | 88 |
3 | Japan (JPN) | 552 | 27 | 14 | 17 | 58 |
4 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 376 | 22 | 21 | 22 | 65 |
5 | Russiese Olimpiese Komitee (ROC) | 333 | 20 | 28 | 23 | 71 |
6 | Australië (AUS) | 477 | 17 | 7 | 22 | 46 |
7 | Nederland (NED) | 278 | 10 | 12 | 14 | 36 |
8 | Frankryk (FRA) | 385 | 10 | 12 | 11 | 33 |
9 | Duitsland (GER) | 425 | 10 | 11 | 16 | 37 |
10 | Italië (ITA) | 372 | 10 | 10 | 20 | 40 |
52 | Suid-Afrika (RSA) | 177 | 1 | 2 | 0 | 3 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Winterspele 1940 in Sapporo beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Somerspele 1964 in Tokio
- Olimpiese Winterspele 1972 in Sapporo
- Olimpiese Winterspele 1998 in Nagano
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "The Olympic Summer Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) "Tokyo Olympics and Paralympics: New dates confirmed for 2021". BBC. 30 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) Ashfak Mohamed (22 Julie 2021). "Chad le Clos, Phumelela Mbande to make history for Team SA at Tokyo Olympics". IOL. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) Justin McCurry (24 Maart 2020). "Tokyo Olympics postponed to 2021 due to coronavirus pandemic". The Guardian. ISSN 0261-3077. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) "Tokyo 2020: Olympic Games organisers 'agree postponement'". BBC. 24 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) Michael Houston (8 Julie 2021). "Tokyo to be under state of emergency for duration of Olympics". Inside the Games. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) "Tokyo Olympic Games: Spectators barred as state of emergency announced". BBC. 8 Julie 2021. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) "Fans barred from all Olympic events in Tokyo as COVID-19 fears grow". Inside the Games. 8 Julie 2021. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (nl) "Zuid-Afrika wil de Olympische Spelen van 2020 organiseren". infozuidafrika.be. 25 Julie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
- ↑ (en) Daniel Kremers (2020). "Outdoor sports in the periphery: Far from the compact games". In Barbara Holthus; Isaac Gagné; Wolfram Manzenreiter; Franz Waldenberger (reds.). Japan Through the Lens of the Tokyo Olympics. Routledge. doi:10.4324/9781003033905. ISBN 978-1-00-303390-5.
- ↑ (en) "Tokyo Olympics to start in July 2021 after coronavirus rescheduling". The Guardian. 30 Maart 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 2020. |
- (en) Amptelike webwerf van die Olimpiese Somerspele 2020
- (en) Tokyo 2020 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Uitslae en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |