Gereformeerde kerk Standerton
Gereformeerde Kerk Standerton | ||
Vorige naam | Roossenekal | |
Sluit in | Holmdene Platrand Roodebank Val | |
Klassis | Piet Retief | |
Huidige predikant(e) | Gideon Coetzee | |
In kombinasie met | Vrede | |
Belydende lidmate | 161 | |
Dooplidmate | 37 | |
Adres | Kroghstraat 2 Standerton | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 6 Mei 1905 | |
Afgestig van | Heidelberg | |
Eerste predikant | Derk Rumpff 1910–1913 |
Die Gereformeerde kerk Standerton is op 6 Mei 1905 gestig en die vierde oudste van die 10 gemeentes in die GKSA se Klassis Piet Retief. Met 160 belydende en 34 dooplidmate einde 2015 was dit toe die derde grootste gemeente in dié Klassis. Vyf jaar vantevore was hier ook 160 belydende en 34 dooplidmate, maar in 1997 was dit onderskeidelik 239 en 138.
Die Standertonse wyke van die Gereformeerde kerk Heidelberg het op 8 Oktober 1904 ’n eie kerkgebou op Standerton in gebruik geneem. Ds. Martinus Postma het die hoeksteen gelê en agt maande later is die Gereformeerde kerk Standerton gestig. Hierdie kerkgebou het ná 65 jaar soveel opknapping gekort dat die kerkraad besluit het om dit te sloop en ’n nuwe gebou dieselfde plek op te rig.
Die nuwe kerk is, soos die oue, op een van die hoogste punte op Standerton gebou sodat dit van ver af sigbaar is. Ds. W. Venter het die hoeksteen op 21 Februarie 1970 gelê. Tydens die ingebruikneming op 15 Mei 1971 het prof. S. du Toit die diens gelei en ds. C.N. van der Merwe is terselfdertyd as predikant van die gemeente bevestig.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Rumpff, Derk, 1910 – 1913 (in kombinasie)
- Venter, Willem, 1953 – 1956
- Van der Walt, Jan Hendrik, 1957 – 1959
- Droomer, Nardus, 1960 – 1963
- Malan, Nicolas Johannes, 1963 – 1967
- Van der Merwe, dr. Carel Nicolaas, 1971 – 1975
- Pretorius, Egbertus, 1975 – 1980
- Van der Walt, Pieter Johannes, 1980 – 1989
- Cilliers, Jacobus Hermanus, 1990 – 2007
- Erasmus, Marthinus Johannes Jacobus, 2008 – 2011
- Coetzee, Gideon Christiaan, 2012 – hede
Galery
[wysig | wysig bron]-
Ds. Johannes de Ridder is in 1896 hier bevestig, maar nog in dieselfde jaar oorlede.
-
Die ou kerkgebou het die gemeente 65 jaar lank gedien, maar is laat in die jare sestig gesloop.
-
Ds. Derk Rumpff, leraar van die Standerton-kombinasie van 1910 tot 1913.
-
Ds. en mev. W. Venter, die predikantspaar van 1953 tot 1956.
-
Ds. J.H. van der Walt, leraar van 1957 tot 1959.
-
Ds. Nardus Droomer, leraar van 1960 tot 1963.
-
Ds. N.J. Malan, leraar van 1963 tot 1967.
-
Dr. C.N. van der Merwe, die leraar van 1971 tot 1975, en sy gesin. Elsabe en Jaco staan agter, met Org voor, en Rina sit op haar ma se skoot. Nicolien was toe nog nie gebore nie.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.