Gerhard Barkhorn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
5-Luftwaffe-pilot-Major-Gerhard-Barkhorn-01.jpg

Gerhard "Gerd" Barkhorn (20 Maart 1919 - 8 Januarie 1983) was die tweede mees suksesvolle vegvlieënier van alle tye ná die mede-Luftwaffe-vlieënier Erich Hartmann gewees. Behalwe Hartmann, is Barkhorn die enigste vegvlieënier wat 300 vyandige vliegtuie kon neerskiet.

Hy is in 1919 in die Weimar-republiek gebore, en het in 1937 by die Luftwaffe aangesluit en sy opleiding in 1939 voltooi.

Barkhorn het in Mei 1940 sy eerste gevegssendings tydens die Slag om Frankryk gevlieg, en daarna aan die Slag van Brittanje deelgeneem, sonder om egter enige vyandige vliegtuie neer te skiet. Sy eerste 'oorwinning' kom in Julie 1941, waarna sy totaal geleidelik teen die Sowjetse magte gestyg het. In Maart 1944 is die tweede hoogste dekorasie in die Wehrmacht aan hom toegeken toe hy die Ridderkruis van die Ysterkruis met eikeblare en swaarde vir 250 neerskiete in die lug ontvang het. Ondanks die feit dat hy die tweede mees suksesvolle vegvlieënier in die lugvaartgeskiedenis is, is die Ridderkruis met eikeblare en swaarde nie aan Barkhorn toegeken nie; selfs nadat hy sy 300ste slagoffer op 5 Januarie 1945 neergeskiet het.

Barkhorn het 1110 sendings gevlieg en word met 301 'oorwinnings' aan die Oostelike Front teen die Sowjet-Rooi Lugmag gekrediteer. Hy het saam met die beroemde Jagdgeschwader 52 (JG 52 – (52ste vegvliegtuig-eskader)) saam met sy mede-vegvlieëniers Hartmann en Günther Rall gevlieg, sowel as saam met die Jagdgeschwader 2 (JG 2 – 2de vegvliegtuig eskader). Minder as twee weke later het hy die JG 52-eskader aan die oostelike front verlaat en by die Jagdgeschwader 3 (JG 3– 3 veg-eskader) aangesluit en Duitsland teen Westelike Geallieerde lugaanvalle verdedig.

Barkhorn het hom in Mei 1945 aan die Westerse bondgenote oorgegee en is later daardie jaar vrygelaat. Na die oorlog het Barkhorn by die Duitse lugmag van die Bundeswehr aangesluit waar hy tot 1975 gedien het. Op 6 Januarie 1983 was Barkhorn in 'n motorongeluk saam met sy vrou, Christl, betrokke. Sy het oombliklik gesterf; Gerhard het twee dae later op 8 Januarie 1983 aan sy beserings beswyk.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]