Gaan na inhoud

Glencore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Glencore
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1967
Hoofkantoor Baar, Switserland
SleutelpersoneTony Hayward (voorsitter)
Ivan Glasenberg (hoof- uitvoerende beamte)
Gebied bedienwêreldwyd
IndustrieKommoditeite, metale en mynbou
ProdukteMetale en minerale, energieprodukte, landbouprodukte
Inkomste$215,111 miljard (2019)[1]
Bedryfsinkomste$0,825 miljard (2019)[1]
Netto inkomste$(1,506) miljard (2019)[1]
Werknemers160 000 (2020)[2]
Webwerfwww.glencore.com Edit this at Wikidata

Glencore plc (GlencoreXstrata, Glencore International AG) is 'n internasionale maatskappy wat wêreldwyd handeldryf in en betrokke is by die produksie van metale, minerale, brandstowwe en landbouprodukte.

Produksie

[wysig | wysig bron]

Glencore verskaf die volgende metale en minerale aan die nywerheid: aluminium, sink, koper, lood, ferrochroom, goud, silwer, nikkel, en kobalt. Die brandstowwe wat gelewer word, is steenkool, ruolie, natuurlike gas en verwante olieprodukte. Die belangrikste landbouproduk is graan. In 2010 het die maatskappy wêreldwyd 60% van die mark in sink en 50% van die mark in koper beheer. Hierdie produkte word gelewer aan klante in die motorvervaardigings-, elektrisiteitsopwekkings-, staalvervaardigings- en voedselverwerkingsbedrywe.

Fabrieke en kantore

[wysig | wysig bron]

Glencore het fabrieke in 'n 30-tal lande en handelskantore in 40 lande.

Stigting

[wysig | wysig bron]

Die firma is in 1974 deur Marc Rich gestig. Ivan Glasenberg is die huidige hoof- uitvoerende beampte en die hoofkantoor is in Baar, Switserland. In 2012 het dit met Xstrata saamgesmelt en daarna was Glencore op drie na die grootste mynboubedryf in die wêreld met 'n werknemerskorps van 160 000. In 2016 verkry Glencore byna 'n 20% belang in die Russiese oliemaatskappy Rosneft.

Aandele

[wysig | wysig bron]

Aandele in Glencore word vanaf 2011 op die Londense effektebeurs verhandel en sedert 2013 op die JSE. Die grootste aandeelhouer is die staatsbeleggingsmaatskappy van Katar, genaamd Qatar Holdings. Ander groot aandeellhouers is Ivan Glasenberg en Black Rock, Inc. Tans is Glencore op vyf na die grootse firma wat op die JSE genoteer is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "Annual Results 2019" (PDF) (in Engels). Glencore. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 23 Maart 2020.
  2. "Who we are" (in Engels). Glencore. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 23 Maart 2020.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • www.glencorexstrata.com

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]