JSE

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Johannesburgse Aandelebeurs

JSE Beperk is die naam van die Johannesburgse aandelebeurs. Die JSE is die grootste aandelebeurs in Afrika en die 19de grootste ter wêreld volgens markkapitalisasie.[1] Die beurs is geleë op die hoek van Maudestraat en Gwenlaan in Sandton, Gauteng (Suid-Afrika).

In 2003 was daar ongeveer 472 maatskappye op die JSE gelys met 'n markkapitalisasie van VS$182,6 miljard (€158 miljard) en 'n gemiddelde maandelikse verhandeling van VS$6 399 miljoen (€5,5 miljard). Teen die einde van 2013 was die markkapitalisasie VS$1007 miljard.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]