Greg Minnaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Greg Minnaar tydens die Val d'Isère (2012 Wêreldbeker, 6de rondte)

Greg Minnaar (*13 November 1981, Pietermaritzburg), is ’n Suid-Afrikaanse veldwedren-ryer. Hy het sy naam in die rekordboeke verewig tydens die 2003 Wêreldkampioenskap wat hy gewen het. Hy was driekeer die kampioen in die Berg-af wêreldbeker (in 2001, 2005 en 2008).

Tydens die 2012 Wêreldkampioenskap wen Greg die Wêreldtitel vir die tweede keer in Leogang, Oostenryk. Hy wen sy derde Wêreldkampioenskap in 2013 in sy tuisdorp, Pietermaritzburg.

Op 7 Junie 2015 wen Minnaar sy 17de Wêreldbeker byeenkoms en ewenaar die rekord van 17. Later wen hy die byeenkoms te Lenzerheide, Switserland en maak die rekord sy eie. Op 6 September 2015 wen hy die silwermedalje op die Wêreldkampioenskap te Vallnord, Andorra.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]