Groot kwasargroep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

’n Groot kwasargroep is ’n groep kwasars (’n soort aktiewe sterrestelselkern om swartkolke) wat moontlik die grootste bekende strukture in die heelal vorm. Daar word geglo hulle is die voorlopers van mure en filamente wat in die relatief nabye heelal aangetref word.[1]

Bekende groepe[wysig | wysig bron]

Op 11 Januarie 2013 is die ontdekking van die Huge-LQG deur die Universiteit van Sentraal-Lancashire aangekondig – verreweg die grootste bekende struktuur in die heelal. Dit bestaan uit 73 kwasars en is tussen 1,4 miljard en 4 miljard ligjare breed.[2] Volgens die navorser en skrywer Roger Clowes is voorheen gedink die bestaan van sulke groot strukture is onmoontlik en dat niks groter as sowat 1,2 miljard ligjare kan wees nie.[3][4]

Lys van groot kwasargroepe[wysig | wysig bron]

’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n enkele kwasar wat sy energie kry uit die akkresieskyf om ’n swartkolk met ’n massa van 2 miljard keer dié van die Son.
Groot kwasargroepe
Naam Datum Gemiddelde afstand Grootte # kwasars Notas
Webster LQG
(LQG 1)
1982 z=0,37 7002100000000000000100 megaparsek (Mpk) 5 Die eerste groot kwasargroep wat ontdek is; dit was toe die grootste bekende struktuur.[5][6][1]
Crampton-Cowley-Hartwick LQG
(LQG 2 , CCH LQG , Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 10)
1987 z=1,11 700160000000000000060 Mpk 28 Die tweede groep wat ontdek is.[5][1][7]
Clowes-Campusano LQG
(U1.28 , CCLQG , LQG 3)
1991 z=1,28 Lengte: 630 Mpk 34 Die derde groep wat ontdek is.[5][8]
1995 z=1,9 ~120 Mpk 10 Ontdek deur Graham, Clowes, Campusano.[9][1][7]
1995 z=0,19 60 Mpk 7 Ontdek deur Graham, Clowes, Campusano[9][1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 1 1996 z=0,6 96 Mpk 12 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 2 1996 z=0,6 R=111 Mpk 12 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 3 1996 z=1,3 R=123 Mpk 14 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 4 1996 z=1,9 R=104 Mpk 14 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 5 1996 z=1,7 R=146 Mpk 13 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 6 1996 z=1,5 R=94 Mpk 10 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 7 1996 z=1,9 R=92 Mpk 10 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 8 1996 z=2,1 R=104 Mpk 12 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 9 1996 z=1,9 R=66 Mpk 18 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 11 1996 z=0,7 R=157 Mpk 11 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Komberg-Kravtsov-Lukash LQG 12 1996 z=1,2 R=155 Mpk 14 Ontdek deur Komberg, Kravtsov, Lukash.[1][7]
Newman LQG
(U1.54)
1998 z=1,54 150 Mpk 21 Ontdek deur P.R. Newman e.a. Dit lê parallel met die CCLQG.[8][1]
Tesch-Engels LQG 2000 z=0,27 140 Mpk 7 Die eerste groep wat deur X-strale ontdek is.[1]
U1.11 2011 z=1,11 780 Mpk
  • lengte: 780 Mpc
38 [5][8]
Huge-LQG
(U1.27)
2013 z=1,27 1 240 Mpk
  • kenmerkende grootte: 500 Mpk
  • lengte: 1 240 Mpk
73 Tans die grootste struktuur in die waarneembare heelal.[5][10]

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • R.G.Clowes; "Large Quasar Groups – A Short Review"; 'The New Era of Wide Field Astronomy', ASP Conference Series, Vol. 232.; 2001; Astronomical Society of the Pacific; ISBN 1-58381-065-X ;

Bibcode2001ASPC..232..108C

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 1,17 R.G.Clowes; "Large Quasar Groups – A Short Review"; 'The New Era of Wide Field Astronomy', ASP Conference Series, Vol. 232.; 2001; Astronomical Society of the Pacific; ISBN 1-58381-065-X ; Bibcode2001ASPC..232..108C
  2. Wall, Mike (2013-01-11). “Largest structure in universe discovered”. Fox News.
  3. Wall, Mike (2013-01-11). “Largest Structure In Universe, Large Quasar Group, Challenges Cosmological Principle”. The Huffington Post.
  4. Clowes, Roger; Kathryn A. Harris, Srinivasan Raghunathan, Luis E. Campusano, Ilona K. Söchting, Matthew J. Graham. (11 Januarie 2013). “A structure in the early Universe at z ∼ 1.3 that exceeds the homogeneity scale of the R-W concordance cosmology”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. doi:bibcode = 2013MNRAS.429.2910C 10.1093/mnras/sts497 bibcode = 2013MNRAS.429.2910C.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 Clowes, Roger G.; Harris, Kathryn A.; Raghunathan, Srinivasan; Campusano, Luis E.; Soechting, Ilona K.; Graham, Matthew J.; "A structure in the early universe at z ~ 1.3 that exceeds the homogeneity scale of the R-W concordance cosmology"; Bibcode2012arXiv1211.6256C ; doi:10.1093/mnras/sts497 ; Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, 11 Januarie 2013
  6. Webster, Adrian (May 1982). “The clustering of quasars from an objective-prism survey”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 199: 683–705.
  7. 7,00 7,01 7,02 7,03 7,04 7,05 7,06 7,07 7,08 7,09 7,10 7,11 7,12 7,13 Boris V. Komberg, Andrey V. Kravtsov, Vladimir N. Lukash; "The search and investigation of the Large Groups of Quasars"; arΧiv:astro-ph/9602090 ; Bibcode1996astro.ph..2090K ;
  8. 8,0 8,1 8,2 Clowes, Roger; Luis E. Campusano, Matthew J. Graham and Ilona K. S¨ochting (2001-09-01). “Two close Large Quasar Groups of size ∼ 350 Mpc at z ∼ 1.2”. Mon. Not. R. Astron. Soc.
  9. 9,0 9,1 Graham, M. J.; Clowes, R. G.; Campusano, L. E.; "Finding Quasar Superstructures"; Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, Vol. 275, NO. 3/AUG1, P. 790, 1995 August; Bibcode1995MNRAS.275..790G
  10. ScienceDaily, "Biggest Structure in Universe: Large Quasar Group Is 4 Billion Light Years Across", Royal Astronomical Society, 11 Januarie 2013 (besoek op 13 Januarie 2013)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]