Gus Grissom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gus Grissom
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gus Grissom in 1964

Geboortenaam Virgil Ivan Grissom
Gebore (1926-04-03)3 April 1926
Mitchell, Indiana
Oorlede 27 Januarie 1967 (op 40)
Cape Canaveral Air Force Station, Florida
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Dennis David Grissom
Cecile King Grissom
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte toetsvlieënier

Virgil Ivan "Gus" Grissom (3 April 1926 – 27 Januarie 1967) was een van die eerste ruimtevaarders van Nasa en was deel van die Mercury Sewe. Hy was 'n vlieënier en toetsvlieënier in die Amerikaanse Lugmag, waar hy die titel van luitenant-kolonel gehad het, en ook 'n meganiese ingenieur. Hy is die tweede Amerikaner wat in die ruimte gevlieg het en die eerste wat twee keer in die ruimte gevlieg het. Hy sterf op 27 Januarie 1967 in 'n brand aanboord die Apollo 1.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]