Hannes Visser

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hannes Visser is 'n Afrikaanse digter. Visser het 'n onderwysdiploma behaal en het in Roodepoort, Gauteng sy eerste onderwyspos bekleë. In 2009 het hy saam met elf ander digters die bundel Boksemdais 2 uitgegee. Sewe van sy gedigte verskyn in 2017 in Nuwe Stemme 6, uitgegee deur NB Uitgewers. Hy het al verskeie pryse by die Bloemfonteinse skrywersvereniging se landwye kompetisies gewen. In 2013 het hy eersteprys in die kortverhaalafdeling gewen, sowel as tweedeprys in die poësie-afdeling. In 2017 wen hy tweedeprys in die prosa-afdeling – kortverhale, en in 2018 die eersteprys in die poësie-afdeling in dieselfde landwye kompetisie. Hy is tans die redakteur van die Oudtshoorn Courant en die skrywer van die digbundel Die jaar toe pa, wat in 2019 deur Naledi Uitgewers uitgegee word.[1] Visser bied werksessies in kreatiewe skryfwerk en digkuns aan. Hy is ook 'n geakkrediteerde lewensaftrigter en Neuro-linguistiese programmering (NLP) -praktisyn. Hy tree op as motiveringspreker, doen voorlesings en gesprekke wat soms gepaardgaan met musiek gelewer deur die Oudtshoorn-musikant, Marisca Rain. Resensies van Die jaar toe pa... het reeds op Litnet, Versindaba en Woorde wat Weeg van Joan Hambidge verskyn.

Verwysings[wysig | wysig bron]