Heldeakker
Die Heldeakker is 'n gedeelte van die ou Pretoria-kerkhof, wat in die destydse Kerkstraat-Wes in Pretoria geleë is. Die begraafplaas is in 1867 geopen, en bevat die grafte van talle openbare figure en bekende Suid-Afrikaners. Dit is die rusplek van historiese figure soos Andries Pretorius, Paul Kruger en Hendrik Verwoerd. Die Australiese anti-held Breaker Morant (deur die Britte tereggestel vir oorlogsmisdade tydens die Tweede Vryheidsoorlog) is ook hier begrawe.[1]
Die eerste teraardebestelling het in 1867 plaasgevind. In 1973 was Tom Andrews (met die hulp van die Girl Guides) die begraafplaas se eerste landmeter. Hy het al die grafte gedokumenteer en later in 'n boek genaamd Pioneer Sketches (Mei 1983) gepubliseer.
Die Kerkstraat-begraafplaas is op die hoek van Kerkstraat en DF Malanrylaan in Pretoria.[2] Die sentrale deel van hierdie geskiedkundige begraafplaas staan as die Heldeakker bekend. Die begraafplaas is 'n groot groen veld vol grafstene met uiteenlopend vorme en style wat in rye georganiseer is. Aangesien dit 'n Christelike begraafplaas is, is die grafte na die ooste georiënteer. Die bome en struike gee die begraafplaas 'n rustige gevoel. Die silwer kruise is 'n beduidende en unieke kenmerk van die begraafplaas. Dit is ook as 'n erfenisterrein gelys.[3]
Bekendes wat hier begrawe is
[wysig | wysig bron]- Andries Pretorius (1798–1853), stigter van die Zuid-Afrikaansche Republiek (na herbegrafnis)
- Willem Cornelis Janse van Rensburg (1818–1865), 2de president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (na herbegrafnis)
- Thomas François Burgers (1834–1881), 4de president van die Zuid-Afrikaansche Republiek
- Stephanus Schoeman (1810–1890), waarnemende president van die Zuid-Afrikaansche Republiek
- Breaker Morant (1864–1902), Australiese volksheld uit die Tweede Vryheidsoorlog
- Paul Kruger (1825–1904), 5de president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (na herbegrafnis)
- Elsie Eloff-Kruger (1853–1923), Paul Kruger se dogter
- Jopie Fourie (1879–1914), soldaat tydens die Tweede Vryheidsoorlog en Maritz-rebellie
- Eugène Marais (1871–1936), digter
- Hans Strijdom (1893–1958), 6de premier van die Unie van Suid-Afrika
- E.G. Jansen (1881–1959), goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika
- Hendrik Verwoerd (1901–1966), 7de premier van die Unie van Suid-Afrika
Verwysings
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Heroes' Acre (South Africa). |
- ↑ "The Sydney Morning Herald – Rollcall at Heroes Acre" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2014. Besoek op 11 April 2013.
- ↑ "List of cemeteries in Tshwane" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2015. Besoek op 11 April 2013.
- ↑ "Tshwane Heritage Site Listing" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2014. Besoek op 12 April 2013.