Hertog van Edinburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hertog van Edinburg
Die wapen van prins Philip, Hertog van Edinburg
Die wapen van prins Philip, Hertog van Edinburg
Geskep 20 November 1947 (derde keer)
Monarg George VI
Eerste houer Frederick, Prins van Wallis
Huidige houer Prins Philip
Ander titels Graaf van Merioneth
baron Greenwich
Status In gebruik

Die Hertog van Edinburg, wat genoem is na die stad Edinburg in Skotland, is ’n Britse adellike titel wat sedert 1726 al drie keer herskep is vir lede van die koninklike familie. Die huidige titelhouer is prins Phlip, die eggenoot van koningin Elizabeth II.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die titel is op 26 Julie 1726 die eerste keer geskep, deur koning Geroge I vir sy kleinseun prins Frederick, wat die volgende jaar die Prins van Wallis geword het. Die titels wat daarmee saamgegaan het, is Baron van Snowdon in die graafskap Caernarvon, Burggraaf van Launceston in die graafskap Cornwall, Graaf van Eltham in die graafskap Kent,[1] en Markies van die Eiland Ely.[2][3][4] Ná prins Frederick se dood het die titel gegaan na sy seun prins George. Toe prins George in 1760 koning George III word, het die titels met die kroon saamgesmelt en ophou bestaan.

Koningin Victoria het die titel op 24 Mei 1866 herskep vir haar seun prins Alfred. Die bykomende titels was Graaf van Kent en Graaf van Ulster.[5] Toe Alfred in 1893 die heerser van die twee Duitse hertogdomme Sakse-Koburg en Sakse-Gotha word, het hy sy Britse titels behou. Sy enigste seun, Alfred, het in 1899 selfmoord gepleeg en die titels het ná Alfred se dood in 1900 in onbruik geraak.

Die titel is op 19 November 1947 ’n derde keer herskep, deur koning George VI vir sy skoonseun luitenant Philip Mountbatten toe dié met prinses Elizabeth trou. Elizabeth het daarna HKH prinses Elizabeth, die Hertogin van Edinburg geword tot met haar troonbestyging in 1952. Die bykomende titels is Graaf van Merioneth en baron Greenwich. Vroeër in 1952 het Philip afstand van sy titel prins van Griekeland en Denemarke gedoen asook van sy aanspraak op die Griekse troon. In 1957 het hy ’n Prins van die Verenigde Koninkryk geword.[6]

Hertoë van Edinburg[wysig | wysig bron]

Eerste skepping, 1726[wysig | wysig bron]

Naam Foto Gebore Huwelik Dood
Frederick, Prins van Wallis
Huis van Hannover
1726-1751
ook: Markies van die Eiland Ely, Graaf van Eltham, burggraaf Launceston, baron Snowdon (1726-1729);
Prins van Wallis (1729), Heretog van Cornwall (1337), Hertog van Rothesay (1398)
Prins Frederick 1 Februarie 1707
Hannover
seun van koning George II en koningin Caroline
Prinses Augusta van Sakse-Gotha
17 April 1736
9 kinders
31 Maart 1751
Londen
op 44
Prins George
Huis van Hannover
1751-1760
ook: Markies van die Eiland Ely, Graaf van Eltham, burggraaf Launceston, baron Snowdon (1751-1760);
Prins van Wallis (1751), Hertog van Cornwall (1337), Hertog van Rothesay (1398)
Prins George 4 Junie 1738
Londen
sseun van prins Frederick en prinses Augusta van Sakse-Gotha
Charlotte van Mecklenburg-Strelitz
8 September 1761
15 kinders
29 Januarie 1820
Windsor-kasteel, Windsor
op 81

Tweede skepping, 1866[wysig | wysig bron]

Naam Foto Gebore Huwelik Dood
Prins Alfred
Huis van Sakse-Koburg en Gotha
1866-1900
ook: Graaf van Kent en Graaf van Ulster (1844)
Prins Edward 6 Augustus 1844
Windsor
seun van koningin Victoria en prins Albert
Groothertogin Maria Aleksandrowna van Rusland
23 Januarie 1874
6 kinders
30 Julie 1900
Koburg
op 55
Prins Alfred het twee seuns gehad, wat albei voor hom dood is; al sy titels het in onbruik geraak ná sy dood.

Derde skepping, 1947[wysig | wysig bron]

Naam Foto Gebore Huwelik Dood
Prins Philip
Huis van Glücksburg
1947-tans
ook: Graaf van Merioneth en baron Greenwich (1947)
Prins Philip 10 Junie 1921
Korfoe
seun van prins Andrew van Griekeland en Denemarke en prinses Alice van Battenberg
Koningin Elizabeth II
20 November 1947
4 kinders

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. London Gazette, uitg. 6494, 12 Julie 1726, p. 1
  2. Frederick Louis Hanover, Prince of Wales”. Thepeerage.com. URL besoek op 2014-08-25.
  3. Peerages: Eames to Emly”. Leighrayment.com. URL besoek op 2014-08-25.
  4. Archived copy”. URL besoek op 2012-07-13.
  5. London Gazette, uitg. 23119, 25 Mei 1866, p. 3127
  6. London Gazette, uitg. 41009, 22 Februarie 1957, p. 1209