Prins van Wallis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Prins van Wallis
Tywysog Cymru
Charles, die huidige Prins van Wallis.
Charles, die huidige Prins van Wallis.
Geskep 12de eeu
Huidige houer Prins Charles
Monarg Elizabeth II
Aanspreekvorm Koninklike Hoogheid
Tuiste Clarence House
Eerste Engelse houer Prins Eduard
Status In gebruik
Webtuiste www.princeofwales.gov.uk

Prins van Wallis (Wallies: Tywysog Cymru) was ’n titel wat van die 12de eeu af gegee is aan prinse wat in Wallis gebore is; die term het die vroeëre gebruik van die woord koning vervang. Een van die laaste Walliese prinse, Llywelyn ap Gruffudd, is in 1282 in ’n veldslag deur koning Eduard I van Engeland verslaan. Dié se seun Eduard (wat in Caernarfon-kasteel in Wallis gebore is) is in 1301 aangewys as die eerste Engelse Prins van Wallis.

Sedert die 14de eeu word die titel gegee aan die regmatige opvolger van die Britse monarg, maar as hy dit nie kry nie, het dit geen invloed op sy aanspraak op die troon nie. Die titel word as ’n persoonlike eerbewys aan die regmatige troonopvolger gegee en is nie oorerfbaar nie; as die prins koning word, word die titel vakant en kan dit aan iemand anders toegeken word. Die titel Graaf van Chester word altyd saam met die titel Prins van Wallis toegeken. Hy het gewoonlik ook ander titels.

Die huidige en langsdienende Prins van Wallis is prins Charles, die oudste seun van koningin Elizabeth II. Die vrou van die prins is geregtig op die titel Prinses van Wallis. Prins Charles se eerste vrou, Diana, het dit gebruik, maar sy tweede vrou, Camilla, gebruik eerder die titel Hertogin van Cornwall (of van Rothesay as sy in Skotland is)[1] omdat die ander titel so algemeen met Diana verbind word.

Rolle en verantwoordelikhede[wysig | wysig bron]

Die Prins van Wallis is die regmatige opvolger van die Britse monarg. Geen amptelike openbare rol of verantwoordelikheid gaan saam met die titel of sy posisie as regmatige troonopvolger nie.

Die huidige prins staan die koningin by in die uitvoering van haar pligte deur haar byvoorbeeld te verteenwoordig om ampsbesoekers in Londen te verwelkom of staatsdinees by te woon. Hy het ook al die koningin en Brittanje verteenwoordig op oorsese en staatseremonies soos staatsbegrafnisse.[2]

Regmatige opvolger versus vermoedelike opvolger[wysig | wysig bron]

Die titel word net aan die regmatige opvolger (heir apparent) gegee – iemand wat nie deur enige toekomstige geboorte as eerste aanspraakmaker op die troon vervang kan word nie. Die opvolging was altyd volgens eersgeboortereg en manlike voorkeur, wat beteken die regmatige opvolger was die regerende monarg se oudste seun of as hy oorlede was, sý oudste seun, ensovoorts. As die monarg se oudste seun sonder kinders dood is, het die monarg se tweede oudste seun die titel gekry, ensovoorts. ’n Dogter van ’n regerende monarg wat die eerste aanspraakmaker op die troon was, was nooit die regmatige opvolger nie omdat sy vervang kon word as die koning in die toekoms ’n seun sou kry. Sy was die vermoedelike opvolger (heir presumptive)

Brittanje het in 2011 saam met ander lande van die Statebond die Perth-ooreenkoms onderteken wat veranderings voorstel aan die opvolgingswette, insluitende om opvolging te verander volgens eergeboortereg ongeag geslag.[3] ’n Wet in dié verband is op 25 April 2013 in Brittanje aanvaar[4] en het op 26 Maart 2015 in werking getree[5] – in Brittanje sowel as die res van die Statebond.[6] Geen vrou het nog die titel Prinses van Wallis uit eie reg gehad nie.

Omdat die titel Prins van Wallis nie outomaties toegeken word nie, was daar al tye dat daar niemand met dié titel was nie, soos tydens die bewind van koning George VI, wat geen seuns gehad het nie. Prinses Elizabeth was die vermoedelike troonopvolger en het dus nie die titel Prinses van Wallis gehad nie. Daar was ook in die eerste jare van haar bewind niemand met die titel nie; prins Charles het dit eers in 1958 op negejarige ouderdom gekry.

Die titel Prinses van Wallis is altyd gehou deur die vrou van die prins in haar hoedanigheid as eggenote van die regmatige opvolger en dus toekomstige koningingemaal. Die huidige Prinses van Wallis is Camilla, Hertogin van Cornwall, wat die titel outomaties gekry het toe sy met prins Charles trou. Sy verkies egter om nie die titel te gebruik nie omdat dit so nou verbind word met haar voorganger, Diana.

Lys van Prinse van Wallis[wysig | wysig bron]

As onafhanklike titel[wysig | wysig bron]

Ook Prins van Gwynedd en van Aberffraw, Lord van Snowdon
Persoon Naam Erfgenaam van Gebore Kry titel Nie meer Prins van Wallis Oorlede
Dafydd ap Llywelyn seun van Llywelyn ab Iorwerth c. April 1212 11 April 1240; eerste aangetekende gebruik in 1244 25 Februarie 1246
Llywelyn the Last at Cardiff City Hall.jpg Llywelyn ap Gruffudd Onbekend
seun van Gruffydd ap Llywelyn
c. 1223 Volg Dafydd op in 1246 as Prins van Gwynedd; gebruik titel Prins van Wallis vanaf 1258; deur Hendrik III erken op 29 September 1267 11 Desember 1282
sterf op slagveld
Dafydd ap Gruffydd broer van Llywelyn ap Gruffudd c. 1238 11 Desember 1282 3 Oktober 1283
by Shrewsbury tereggestel

As titel van die Engelse of Britse regmatige troonopvolger[wysig | wysig bron]

Persoon Naam Erfgenaam van Gebore Word regmatige opvolger Kry titel Nie meer Prins van Wallis Oorlede
Edward I and II.jpg Eduard van Carnarvon Eduard I 25 April 1284 19 Augustus 1284 7 Februarie 1301[7] 7 Julie 1307
bestyg troon as Edward II
21 September 1327
Plantagenet, Edward, The Black Prince, Iconic Image.JPG Eduard van Woodstock, die Swart Prins Eduard III 15 Junie 1330 12 Mei 1343[7] 8 Junie 1376
oorlede
RichardIIWestminsterHead.JPG Richard van Bordeaux 6 Januarie 1367 8 Junie 1376 20 November 1376[7] 22 Junie 1377
bestyg troon as Richard II
14 Februarie 1400
Henry5.JPG Hendrik van Monmouth Hendrik IV 16 September 1387 30 September 1399 15 Oktober 1399[7] 21 Maart 1413
bestyg troon as Hendrik V
31 Augustus 1422
Edward.4.plantagenet.jpg Eduard van Westminster Hendrik VI 13 Oktober 1453 15 Maart 1454[7] 11 April 1471
pa afgesit
4 Mei 1471
oorlede
King-edward-v.jpg Eduard van York Eduard IV 4 November 1470 11 April 1471 26 Junie 1471[7] 9 April 1483
bestyg troon as Eduard V
1483?
Rous Roll - Edward, Prince of Wales.jpg Edward van Middleham Richard III 1473 26 Junie 1483 24 Augustus 1483[7] 31 Maart of
9 April 1484
oorlede
Arthur Prince of Wales c 1500.jpg Arthur Tudor Hendrik VII 20 September 1486 29 November 1489[7] 2 April 1502
oorlede
HenryVIII 1509.jpg Hendrik Tudor 28 Junie 1491 2 April 1502 18 Februarie 1504[7] 21 April 1509
bestyg troon as Hendrik VIII
28 Januarie 1547
Edouard VI Tudor.jpg Eduard Tudor Hendrik VIII 12 Oktober 1537 [7] 28 Januarie 1547
bestyg troon as Eduard VI
6 Julie 1553
Henry Prince of Wales after Isaac Oliver.jpg Henry Frederick Stuart Jakobus I 19 Februarie 1594 24 Maart 1603 4 Junie 1610[7] 6 November 1612
oorlede
Charles I (Prince of Wales).jpg Karel Stuart 19 November 1600 6 November 1612 4 November 1616[7] 27 Maart 1625
bestyg troon as Karel I
30 Januarie 1649
King Charles II by Adriaen Hanneman.jpg Karel Stuart Karel I 29 Mei 1630 c. 1638–1641[7] 30 Januarie 1649
titel afgeskaf;
bestyg later (1660) troon as Karel II
6 Februarie 1685
Prince James Francis Edward Stuart by Alexis Simon Belle.jpg Jakobus Francis Eduard Stuart Jakobus II 10 Junie 1688 c. 4 Julie 1688[7] 11 Desember 1688
pa afgesit
1 Januarie 1766
Kneller - George II when Prince of Wales.png George Augustus George I 10 November 1683 1 Augustus 1714 27 September 1714[7] 11 Junie 1727
bestyg troon as George II
25 Oktober 1760
Frederick Lewis, Prince of Wales by Philip Mercier.jpg Frederick Louis George II 1 Februarie 1707 11 Junie 1727 8 Januarie 1729[7] 31 Maart 1751
oorlede
George, Prince of Wales, later George III, 1754 by Liotard.jpg George William Frederick 4 Junie 1738 31 Maart 1751 20 April 1751[7] 25 Oktober 1760
bestyg troon as George III
29 Januarie 1820
George IV bust1.jpg George Augustus Frederick George III 12 Augustus 1762 19 Augustus 1762[7] 29 Januarie 1820
bestyg troon as George IV
26 Junie 1830
Prince of Wales00.jpg Albert Edward Victoria 9 November 1841 8 Desember 1841[7] 22 Januarie 1901
bestyg troon as Edward VII
6 Mei 1910
George V of the United Kingdom01.jpg George Frederick Ernest Albert Edward VII 3 Junie 1865 22 Januarie 1901 9 November 1901[8] 6 Mei 1910
bestyg troon as George V
20 Januarie 1936
HRH The Prince of Wales No 4 (HS85-10-36416).jpg Edward Albert Christian George Andrew Patrick David George V 23 Junie 1894 6 Mei 1910 23 Junie 1911[7] 20 Januarie 1936
bestyg troon as Edward VIII;
later (1937) Hertog van Windsor
28 Mei 1972
Charles, Prince of Wales at COP21.jpg Charles Philip Arthur George Elizabeth II 14 November 1948 6 Februarie 1952 26 Julie 1958 N.V.T.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Macdonald, Ken (18 Januarie 2017). "Duchess of Rothesay opens Rowett research building in Aberdeen". BBC News. 
  2. The Prince of Wales - Royal Duties”. Clarence House. URL besoek op 10 Augustus 2015.
  3. Laura Smith-Spark (28 Oktober 2011). “Girls given equal rights to British throne under law changes”. CNN. URL besoek op 15 Julie 2012.
  4. Succession to the Crown Act. Parliament of the United Kingdom.
  5. Succession to the Crown Act 2013 (Commencement) Order 2015 at legislation.org.uk (Besoek op 30 Maart 2015)
  6. Statement by Nick Clegg MP, UK parliament website, 26 Maart 2015 (Besoek op 26 Maart 2015).
  7. 7,00 7,01 7,02 7,03 7,04 7,05 7,06 7,07 7,08 7,09 7,10 7,11 7,12 7,13 7,14 7,15 7,16 7,17 7,18 7,19 l Previous Princes. Amptelike webtuiste van die Prins van Wallis. Besoek op 15 Julie 2013.
  8. London Gazette, uitg. 27375, 9 November 1901, p. 7289

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]