Hewlett-Packard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hewlett-Packard Company
250px-Hp-logo-3d-291x300 svg.png
Tipe Publieke maatskappy
Gestig 1939 in Palo Alto, VSA
Hoofkantoor Palo Alto, CA, Verenigde State
Sleutelpersone Ralph Whitworth (interim-voorsitter)
Meg Whitman (president en hoof uitvoerende beampte)
Industrie Inligtingstegnologie
Produkte Rekenaars en skootrekenaars, rekenaarskerms, bedieners, sagteware, drukkers
Dienste IT-dienste
Inkomste 127,25 miljard VSA-$ (2011)
Bedryfsinkomste 11,39 miljard VSA-$ (2011)
Netto inkomste 7,07 miljard VSA-$ (Fiskale jaar 2011)
Dogtermaatskappye Compaq
Slagspreuk Invent.
Webwerf HP.com

Hewlett-Packard Company, algemeen bekend onder sy afkorting HP, is 'n multinasionale inligtingstegnologie-maatskappy wat sy hoofkwartier in Palo Alto in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het. HP het tot een van die grootste globale tegnologie-vervaardigers gegroei en bedien vandag byna elke mark wêreldwyd. Die maatskappy spits hom op die ontwikkeling en vervaardiging van rekenaar-, datastoor- en netwerk-hardeware, die ontwerp van sagteware en die verskaffing van IT-dienste toe.

Organisasiestruktuur[wysig]

In organisatoriese opsig het HP sy bedryfsaktiwiteite tot en met 2012 in drie groot sake-eenhede verdeel:

  • die Personal Systems Group (PSG): rekenaars vir tuis- en professionele gebruik, skootrekenaars en mobiele toestelle, en werkstasies,
  • die Imaging and Printing Group (IPG): inkstraal- en laserdrukkers asook professionele drukoplossings, verbruiksmateriaal vir drukkers, digitale fotografie en digitale vermaak en
  • die Technology Solutions Group (TSG): IT-oplossings vir groter maatskappye (soos byvoorbeeld datastoor- en bedienerstelsels), EDS, uitbestedingsdienste en sagteware.

As gevolg van herstrukturering is die eersgenoemde twee sake-eenhede in 2012 saamgesmelt tot

  • Printing and Personal Systems (PPS).