Hindenburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Hindenburg op die grond.
Sitkamer met wêreldkaart teen die muur.
Eetsaal.
Die Hindenburg besig om te brand.

Die Hindenburg was 'n Duitse lugskip wat op 6 Mei 1937 in vlamme uitgebars het by Lake Hurst, New Jersey. Dié ramp het 'n die einde van die lugskip era beteken.

Voorkoms[wysig]

Die Hindenburg was sigaarvormig en 245 m lank. Dit het sestien kompartemente gehad wat met waterstof gevul was en was aangedryf deur vier Daimler-Benz 16-silinder dieselenjins. Die lugskip se maksimum spoed was 135 km/h.

Die passasiersdek het bestaan uit twee dekke en het kajuite gehad vir 72 passasiers. Daar was 'n promenade-area met groot vensters wat kon oopmaak tydens die vlug, 'n restaurant, 'n lees-en-skryfkamer en 'n spesiale rookkamer. Die rookkamer het 'n hoër lugdruk gehad sodat waterstof nie na binne kan lek nie. Die stuurkajuit was voor, onder aan die lugskip.

Die Hindenburg was veronderstel om met nie-ontvlambare helium te sweef maar Amerika wou nie dié stof aan Duitsland verkoop nie uit vrees dat Nazi-Duitsland die tuie teen Amerika sal gebruik. Dus moes die Duitsers vlambare waterstof gebruik.

Die lugskip het die registrasie nommer D-LZ129 gehad. Dit staan vir Luftschiff Zeppelin no. 129.

Laaste vlug[wysig]

Voor die ongeluk het die Hindenburg reeds sewentien retoervlugte oor die Atlantiese Oseaan gemaak; tien na Amerika en sewe na Brasilië. Tydens die ongeluk was daar 36 passasiers en 61 bemanningslede aanboord.

Haar laaste vlug het op 3 Mei 1937 begin in Frankfurt en volg 'n roete oor Keulen, Nederland, oor die Engelse Kanaal en langs die suidelike kus van Brittanje. Hiervandaan volg dit 'n roete suid van die kus van Groenland, oor Newfoundland, na New York en dan na Lake Hurst. Die verwagte aankoms was om 06:00 maar die lugskip word vertraag deur 'n sterk wind en die aankoms was eers na 18:00.

Om 18:22 word die bevelvoeder kapt. Max Pruss ingelig dat 'n donderstorm opgeklaar het en hy nader Lake Hurst uit die suidweste. Om 19:00 kry hy toestemming om te mag land. Hy vlieg oor die lughawe om hom te vergewis van toestande op die grond en nader die landingstoring uit die weste - teen die wind soos vereis word. Tydens die proses word gas vrygelaat om hoogte te verminder en die enjins word in trurat gesit om spoed te verminder.

Die wind draai skielik suidwes en kapt. Pruss word verplig om 'n s-daai skerp na regs uit voer sodat hy sy neus in die wind kan hou. Om 19:25 sien ooggetuies hoe materiaal naby die agterste vin flap asof daar gas uitlek. Die vlamme is gou sigbaar en binne 40 sekondes het die skip uitgebrand en ses-en-dertig mense sterf.

Die radioman, Herb Morrison, het die ramp lewendig oor die radio beskryf.

Vertroue in dié vorm van vervoer het na die ramp ineengestort. Die verfrommelde aluminiumraam is terug na Duitsland verskeep waar dit opgesmelt is om vliegtuie te bou.

Bron[wysig]

  • Rapport. Hindenbug 75 jaar. 6 Mei 2012