Hiponiem

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

'n Hiponiem is 'n woord wat verwys na 'n subklas of onderafdeling van 'n omvattender of algemener klas. As voorbeeld: Tamaties, wortels, kool en boontjies is hiponieme (of name van subklasse) van die hoofklas "groente".

Die term kom vanuit Grieks: υπονύμιον, wat "onder(liggende) naam" beteken. Die woorddeel "hipo" beteken "onder" en "niem" beteken "naam" of "benaming".

Hiponieme word dikwels in woordeboeke aangetref. Byvoorbeeld:

  • Pistool: 'n pistool is 'n vuurwapen wat...
  • Rewolwer: 'n rewolwer is 'n vuurwapen wat...
  • Trein: 'n Trein is 'n voertuig wat...
  • Fiets: 'n Fiets is 'n voertuig wat...

Die teenoorgestelde van 'n hiponiem is 'n hiperoniem.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]