Gaan na inhoud

Hobart

Koördinate: 42°52′50″S 147°19′30″O / 42.88056°S 147.32500°O / -42.88056; 147.32500
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hobart
Stad
Hobart
Hobart
Vlag van Hobart
Vlag
Wapen van Hobart
Wapen
Ligging van Hobart
Ligging van Hobart
Hobart en Groter Hobart
Hobart en Groter Hobart
Koördinate: 42°52′50″S 147°19′30″O / 42.88056°S 147.32500°O / -42.88056; 147.32500
LandVlag van Australië Australië
DeelstaatVlag van Tasmanië Tasmanië
Administratiewe verdeling5 Plaaslike Regeringsgebiede
Stigting1803
Oppervlak
 • Stedelik
1 695,5 km2 (654,6 vk. myl)
Hoogte
54 m (177 ft)
Bevolking
 • Stad232 670 (2 020)
 • Digtheid124,8/km2 (323/vk. myl)
 • Stedelike digtheid895/km2 (2 320/vk. myl)
TydsoneAEST (UTC+10)
 • SomertydUTC+11
WebwerfHobart City Council

Hobart (Engels: [ˈhoʊbɑːrt], ) is die hoofstad van die Australiese deelstaat Tasmanië met 'n bevolking van 232 670 in 2020 en 'n oppervlakte van 1 695,5 km². Die hawestad is aan die suidooskus van die eiland geleë en is die oudste in die land naas Sydney. Dit is aan die rivier Derwent, die Tasman-hoofweg en aan die voet van die 1 271 m hoë berg Wellington geleë. Die Universiteit van Tasmanië is in Hobart geleë.

Hobart is in 1803 as 'n strafkolonie gestig. Vandag is dit 'n besige hawe, en is dit die tuishawe van Antarktiese ekspedisies. Toeriste-aantreklikhede sluit die Salamanca-markte, Cadbury- sjokoladefabriek en die Cascade-brouery in. Hobart het 'n oseaniese klimaat.

Dit was een van die Australiese gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1992, Krieketwêreldbeker 2015 en T20I-wêreldbeker 2022.

Verdere Leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) Bolt, Frank (2004). The Founding of Hobart 1803–1804. Kettering, Tasmania: Peregrine Pty Ltd. ISBN 0-9757166-0-3.
  • (en) Timms, Peter (2009). In Search of Hobart. Sydney, NSW: University of New South Wales Press. ISBN 978-1-921410-54-3.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Vlag van Australië Hoofstede van Australië Wapen van Australië
HoofstedeAdelaideBrisbaneCanberraDarwinHobartMelbournePerthSydney