Hykie Berg
Hykie Berg | |
Geboorte | 2 Mei 1978 Pretoria |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hykie Berg (2 Mei 1978-) is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is bekend vir die rol van Darius du Buisson in Egoli: Plek van Goud en Conrad Bester in M-Net se sepie, Binnelanders. Hy het sedertdien in talle Afrikaanse rolprente gespeel. In 2011 neem hy aan die realiteitskompetisie Survivor South Africa deel en wen die reeks.[1]
Berg is op 2 Mei 1978 in Pretoria gebore en matrikuleer in 1996. Hy het in gr. 8 aan die Hoërskool Die Wilgers met dwelms begin eksperimenteer en was op 19 ’n volslae heroïenverslaafde.[2] Ná sy rehabilitasie in Kaapstad het hy 'n diploma in drama aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.[3] Hy maak sy TV-debuut in die jeugreeks The Res (2003), gevolg deur 'n hoofrol in die drama Plek van die Vleisvreters (2004). In 2007 verskyn hy in sy eerste rolprent, Ouma se Slim Kind.
Filmografie
[wysig | wysig bron]- Binnelanders (TV-reeks), 2009– as Conrad Bester
- Verskietende Ster, 2016 as Tomas Schuman
- Dis ek, Anna, 2015 as Marnus Retief
- Forsaken, 2015 as Neill
- Mooirivier 2015 as Stefan Malan
- Lien se Lankstaanskoene, 2013 as Dominee Gerhard
- Klein Karoo, 2013 as Meyer Labuschagne
- Pretville, 2012 as Tommie
- One Way (TV-reeks, 2006–2007 as Frank
- Ouma se Slim Kind, 2007 as Steyn Struwig
- Plek van die Vleisvreters (TV-reeks), 2004 as Rudolph du Toit
- The Res (SAUK2), 2003
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Profiel op whoswho.co.za Geargiveer 4 Desember 2015 op Wayback Machine, besoek op 2 Mei 2016
- ↑ Akteur vertel van stryd teen dwelms, Die Burger, 12 September 2011
- ↑ Profiel op tvsa.co.za, besoek op 2 Mei 2016