Egoli: Plek van goud
Egoli: Plek van goud | |
Genre | Sepie |
---|---|
Geskep deur | Franz Marx |
Met | Christine Basson Shaleen Surtie-Richards Brümilda van Rensburg |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Engels en Afrikaans |
Aantal seisoene | 18 |
Aantal episodes | 4 469 (soos op 22 Mei 2009) |
Produksie | |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | M-Net |
Oorspronklike lopie | 6 April 1992 – 31 Maart 2010 |
Egoli: Plek van goud is 'n tweetalige (Engels en Afrikaans) sepie wat vanaf 6 April 1992 tot 31 Maart 2010 weeksdae om 18:00 op M-Net uitgesaai is. Die sepie is deur Franz Marx-produksies vervaardig en word as Suid-Afrika se langste vervolgverhaal met sowat 4 000 episodes beskryf.[1] Dit het egter Maart 2010 tot 'n einde gekom as gevolg van dalende kykersgetalle en 'n tekort aan storielyne.
Die TV-sepie is met 'n fliek, Egoli: Afrikaners is plesierig, opgevolg wat op 16 Junie 2010 in teaters in Suid-Afrika begin draai het.[2]
Akteurs
[wysig | wysig bron]Teen Augustus 2007 was slegs drie van die oorspronklike akteurs steeds deel van die reeks:
- Brümilda van Rensburg (Louwna)
- Christine Basson (Nora Roelofse Naudé)
- Shaleen Surtie-Richards (Nenna)
Gedurende dieselfde periode was die ander akteurs:
- Anriette van Rooyen (Lizelle)
- Chanélle De Jager (Des)
- Chris Linford (Rex)
- Corine du Toit (Jane)
- Darren Kelfkens (Joe)
- Darryl Desmarais (Stephen)
- Ebi Halberstadt (Braam)
- Eckard Rabe (Chris)
- Ernst Eloff (Buks)
- Hannah Botha (Elsa)
- Hennie Smit (Bertie)
- Ivan Zimmermann (Koert)
- Mandi du Plooy (Lara)
- Marlon Roelofze (Shaun)
- Michelle Beling (Candy)
- Michelle Pienaar (Audrey)
- Paul Buckby (Dr. Adam)
- Stefan Ludik (Werner)
- Theunis Nel (Lukas)
- Christina Storm (Bienkie Naudé)
Gasakteurs van ander lande (buite Suid-Afrika) sluit in:
- Joan Collins (Catherine Sinclair)
- Richard Steinmetz (Jeff Hartman)
- James Horan
- Perry Stevens
- Jerry Springer
- Samantha Fox
Van die vorige akteurs sluit in:
- Steve Hofmeyr
- Tobie Cronje
- David Vlok
- Gé Korsten
- Christel Smith
- Esta TerBlanche
- Cliff Simon
- Sarah Theron
- Cobus Visser
- Gys de Villiers
- Isadora Verwey
- Dorette Potgieter
- Adriana Falling
- Nicola Chapman
- Hermien Dommisse
- Eghard van der Hoven
- Louis van Niekerk
- Anette Engelbrecht
- Casper de Vries
- Corien Pelt
- Illse Roos
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 'Egoli' gaan nog gouer van kassie verdwyn[dooie skakel], Die Burger, URL besoek op 9 Mei 2010.
- ↑ Nog nie die laaste sien van Egoli nie! Geargiveer 13 Junie 2010 op Wayback Machine, Huisgenoot, URL besoek op 9 Mei 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Egoli se webwerf Geargiveer 5 Januarie 2007 op Wayback Machine
- IMDB bladsy
- TVSA's Egoli: Plek van Goud Mini-webwerf
- 'n Huldeblyk! op YouTube
- Hoogtepunte op YouTube