Iere

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Iers-Gaelies.
Iere

Oscar Wilde portrait.jpgLiam Neeson Deauville 2012.jpgBono at the 2009 Tribeca Film Festival.jpgBram Stoker 1906.jpgCillian Vallely on Uilleann Pipes.jpgGeorge best 1976.jpg
Mary McAleese.jpgHRM EHS p56.jpgPierceBrosnanCannesPhoto2.jpgAodh Mór Uî Néill (anglicisé comme, Hugh The Great O'Neill).jpgRobert Boyle 0001.jpgStbrigid.jpg
Andrea corr glastonbury.jpgTheobald Wolfe Tone - Project Gutenberg 13112.pngSir Edward Carson, bw photo portrait seated.jpgArthur Guinness.jpgBrian Boru, King of Munster.jpgSir Arthur Wellesley, 1st Duke of Wellington.pngSaoirseRonanSept11TIFF.jpg
Jonathan Rhys Meyers Cabourg 2013.jpgDaniel O'Connell.pngJames Joyce by Alex Ehrenzweig, 1915 restored.jpgSamuel Beckett, Pic, 1.jpgWilliam Butler Yeats by George Charles Beresford.jpgDouglas Hyde 2.jpgMichael Collins 1921.jpg


Totale bevolking: ca. 70–80 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 40 miljoen[2]

Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 14 miljoen[3][4]

Vlag van Australië Australië 7 miljoen[5]
Flag of Ireland Ierland 4,5 miljoen
Vlag van Kanada Kanada 4,5 miljoen[6]
Vlag van Argentinië Argentinië 1 miljoen[7]
Vlag van Meksiko Meksiko 600 000[8]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 600 000[9]
Vlag van Frankryk Frankryk 15 000[10]

Taal: Iers, Engels (Hiberno-Engelse dialekte), Ulster-Skots, Shelta
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Christendom (Meerderheid Rooms-Katolieke; minderheid Protestantisme, veral Presbiterianisme, Anglikanisme, Metodisme)
Verwante etniese groepe: Ander Keltiese volke soos Bretonners, Korniese, Skotte en Walliesers; Anglo-Iere, Engelse, Pavee, Yslanders[11] en Wikings

Die Iere (Engels: Irish of Irish people, Iers-Gaelies: Muintir na hÉireann of Na hÉireannaigh) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Ierland en die omliggende eilande. Volgens argeologiese studies is Ierland sedert sowat 9000 jaar bewoon. Vir die grootste deel van die geskiedenis van Ierland het die Iere hoofsaaklik 'n Gaeliese volk gevorm. Anglo-Noormanne het dele van Ierland in die 12de eeu verower, terwyl na die Engelse (her)verowering en kolonisering van Ierland in die 16de en 17de eeue 'n groot aantal Engelse en Laeveld Skotte op dele van die eiland gevestig het, veral in Noord-Ierland, waar hulle 'n afsonderlike en aparte etniese groep vorm.

Deur die geskiedenis heen het baie bekende Ierse mense verskyn. Die 6de eeuse Ierse monnik en sendeling Columbanus word as een van die "vaders van Europa" beskou,[12] gevolg deur Kilianus en Virgilius van Salzburg. Die wetenskaplike Robert Boyle word as die "vader van chemie" beskou. Bekende Ierse ontdekkingsreisigers sluit in Brendan, Robert McClure, Ernest Shackleton en Tom Crean. Volgens sommige berigte was die eerste Europese kind wat in Noord-Amerika gebore is aan beide kante van Ierse afkoms[13] en 'n Ier was die eerste Europeër wat sy voet op Amerikaanse bodem gesit het tydens Columbus se ekspedisie van 1492.[14]

Ierland het 'n bevolking van sowat 6,5 miljoen, maar dit word beraam dat sowat 70 tot 80 miljoen mense wêreldwyd Ierse voorouers het. Histories gesien was emigrasie van Ierland die gevolg van konflikte, hongersnood en ekonomiese kwessies. Mense van Ierse afkoms het hoofsaaklik in Engelssprekende lande, veral die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland, gevestig. Daar is ook 'n beduidende aantal in Argentinië en Meksiko. Die Verenigde State het die meeste mense van Ierse afkoms, terwyl Australië 'n hoër persentasie van mense met Ierse afkoms as enige ander land het.[15] Baie Yslanders het Ierse en Skots-Gaeliese voorouers.[16]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) ceu@scotland.gsi.gov.uk, Scottish Government, St. Andrew's House, Regent Road, Edinburgh EH1 3DG Tel:0131 556 8400 (29 Mei 2009). "The Scottish Diaspora and Diaspora Strategy: Insights and Lessons from Ireland". www.scotland.gov.uk. Besoek op 8 September 2018. 
  2. (en) American FactFinder, United States Census Bureau. "U.S. Census Bureau, 2007". Factfinder.census.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2010. Besoek op 30 Mei 2010. 
  3. (en) "One in four Britons claim Irish roots". BBC. 16 Maart 2001. Besoek op 8 September 2018. 
  4. (en) Bowcott, Owen (13 September 2006). "More Britons applying for Irish passports". The Guardian. London. Besoek op 8 September 2018. 
  5. (en) Minister for Foreign Affairs, Dermot Ahern T.D., announces Grants to Irish Community Organisations in the Southern Hemisphere
  6. (en) "Ethnic Origin (264), Single and Multiple Ethnic Origin Responses (3), Generation Status (4), Age Groups (10) and Sex (3) for the Population in Private Households of Canada, Provinces, Territories, Census Metropolitan Areas and Census Agglomerations, 2011 National Household Survey". Statistics Canada. 2011. Besoek op 8 September 2018. 
  7. (en) "An Irish Argentine in the Easter Rising". Besoek op 8 September 2018. 
  8. (en) "LOS IRLANDESES-MEXICANOS: The Irish in Mexico". thewildgeese.irish. 20 Julie 2013. Besoek op 8 September 2018. 
  9. (en) "The Irish in New Zealand: Historical Contexts and Perspectives – Brian Easton". www.eastonbh.ac.nz. Besoek op 8 September 2018. 
  10. (fr) "Présentation de l'Irlande". France Diplomatie : : Ministère de l'Europe et des Affaires étrangères. Besoek op 8 September 2018. 
  11. (en) (2000) “Estimating Scandinavian and Gaelic ancestry in the male settlers of Iceland”. The American Journal of Human Genetics 67 (3): 697–717. doi:10.1086/303046.
  12. (en) "Pope Calls Irish Monk a Father of Europe". Zenit. 11 Julie 2007. Besoek op 15 Julie 2007. 
  13. (en) Smiley, bl. 630
  14. (en) MacManus, bl. 343–344
  15. (en) "Dáil Éireann – 29/Apr/1987 Ceisteanna — Questions. Oral Answers. - Australian Bicentenary". Oireachtasdebates.oireachtas.ie. 29 April 1987. Besoek op 1 Maart 2014. 
  16. (en) Ann C. Humphrey. "They Accuse Us of Being Descended from Slaves". Settlement History, Cultural Syncretism, and the Foundation of Medieval Icelandic Identity. Rutgers University, 2009.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]