Incheon Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Incheon Internasionale Lughawe
인천국제공항
仁川國際空港

Incheon Gukje Gonghang
Inch'ŏn Kukche Konghang
Incheon International Airport.jpg
'n Lugfoto van Terminaal 1
IATA: ICNICAO: RKSI
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Regering van Suid-Korea
Operateur Incheon International Airport Corporation
Bedien Seoul Metro-gebied
Ligging Jungdistrik, Incheon, Suid-Korea
Spil vir
  • Asiana Airlines
  • Eastar Jet
  • Jeju Air
  • Jin Air
  • Korean Air
  • Polar Air Cargo
Hoogte bo seevlak 23 vt / 7 m
Webtuiste http://www.airport.kr/eng/
Landkaart
ICN is geleë in Suid-Korea
ICN
Ligging van die lughawe in Suid-Korea
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
15R/33L 12 303 3 750 Teer
15L/33R 12 303 3 750 Teer
16/34 13 123 4 000 Teer
Helikopterblaaie
Aantal Lengte Oppervlak
vt m
H1 63 19 Beton
Statistieke (2013)
Lugbewegings 271 224
Passasiers 41 482 828
Vrag tonnemaat 2 464 385
Statistiek van IIAC[1]

Incheon Internasionale Lughawe (IATA-kode: ICN, ICAO: RKSI) (Koreaans: 인천 국제 공항) is die grootste lughawe in Suid-Korea, die primêre lughawe in diens van die Seoel Nasionale hoofstadgebied, en een van die grootste en besigste lughawens ter wêreld. Die Internasionale Lughaweraad het dit vir sewe jaar agtereenvolgens (2005-2012) aangewys as die beste lughawe in die wêreld. [2][3] Die lughawe het 'n gholfbaan, 'n spa, private slaapkamers, ysskaatsbaan, 'n kasino, binnenshuise tuine en 'n museum van die Koreaanse kultuur.

Die lughawebestuur beweer dat die gemiddelde vertrektyd slegs 19 minute duur (die wêreldwye bedryfsgemiddeld is 60 minute) en aankoms slegs 12 minute (gem. 45 minute wêreldwyd), dit maak dit een van die vinnigste lughawens in die wêreld vir doeaneverwerking. [2] Die belastingvrye winkelsentrum is ook aangewys as die wêreld se beste vir drie jaar agtereenvolgens in 2012 deur Business Traveler.[4] Incheon Internasionale Lughawe beweer ook dat dit net 'n 0,0001% bagasie-verkeerde-hanteringskoers het. [5]

Incheon Internasionale Lughawe is 48 km (30 myl) wes van Seoul, die hoofstad en grootste stad van Suid-Korea, geleë en is die belangrikste sentrum vir Korean Air, Asiana Airlines, Air Jeju en Polar Air Cargo. Die lughawe dien as 'n sentrum vir internasionale burgerlike lugvervoer en vragverkeer in Oos-Asië. Incheon Internasionale Lughawe is tans ook Asië se agtste besigste lughawe in terme van passasiersgetalle en die wêreld se vierde besigste lughawe vir vragverkeer. In 2011 het 35 062 376 passasiers die lughawe gebruik. [6]

Die lughawe het vroeg in 2001 vir besigheid geopen om die ouer Gimpo Internasionale Lughawe te vervang, wat nou meestal binnelandse bestemmings bedien asook pendelvlugte na alternatiewe lughawens in Sjina, Japan en Taiwan.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Incheon International Airport - Lughaweverkeer”. Airport.kr. URL besoek op 2014-02-10.
  2. 2,0 2,1 Incheon International named Best Airport Worldwide 7 years in a row”. Rus Tourism News: 2012-02-21. URL besoek op 2013-07-04.
  3. Airport Service Excellence Awards”. ACI website. 27 Februarie 2008. URL besoek op 24 September 2008.
  4. 인천공항 면세점, 3년연속 '세계 최고 면세점 선정' - Chosunbiz - 프리미엄 경제 파워”. Biz.chosun.com: 2013-01-01. URL besoek op 2013-07-04.
  5. 25 Reasons Incheon International Airport is the Best Airport in the World”. Seulistic: 12 Julie 2012. URL besoek op 29 April 2013.
  6. ACI releases World Airport Traffic Report 2010”. 1 Augustus 2011. URL besoek op 29 April 2013.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.