Jack Black
Jack Black | |
Jack Black in 2011
| |
Geboortenaam | Thomas Jacob Black |
---|---|
Alias | JB, Jables |
Geboorte | 28 Augustus 1969 Santa Monica, Kalifornië (VSA) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, musikant, komediant |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Jack Black (1969-) is ’n Amerikaanse akteur, musikant en komediant. Hy was onder meer in High Fidelity en School of Rock te sien. Black sing of speel in talle van sy flieks kitaar en is vir twee Golden Globes genomineer.[1] Hy is ook die hoofsanger van die rockgroep Tenacious D, wat hy in 1994 met sy vriend Kyle Gass gestig het.
Lewensloop
[wysig | wysig bron]Thomas J. Black, Jr. is op 28 Augustus 1969 in Santa Monica, Kalifornië in die Verenigde State van Amerika gebore. Sy ouers skei toe hy 10 was, waarna hy met sy pa na Culver City verhuis. Op universiteit was hy 'n lid van Tim Robbins se Actor's gang, wat hom in 1992 'n rol in die speelfilm Bob Roberts besorg het. Dit was net 'n stemrol, maar die begin van sy loopbaan as akteur.[2][3]
Hy tree in sy beginjare in TV-programme soos The Golden Palace en Northern Exposure op, en het klein rolle in films soos Airborne, Demolition Man, Waterworld, The Fan, The NeverEnding Story III en The Cable Guy gespeel. Hy maak egter sy deurbraak in 2000 met High Fidelity. Hy was ook die stem van Po in die gewilde Kung Fu Panda-filmreeks.[4]
Hy is op 14 Maart 2006 met Tanya Haden getroud. Die egpaar het twee seuns wat onderskeidelik in 2006 en 2009 gebore is.
Filmografie
[wysig | wysig bron]- Bob Roberts (1992) – Roger Davis
- Airborne (1993) – Augie
- Demolition Man (1993) – Wasteland Scrap
- The Never Ending Story III: Escape from Fantasia (1994) – Slip
- Waterworld (1995) – Pilot
- The X-Files (1995) – Bart "Zero" Liqouri TV-reeks
- Dead Man Walking (1995) – Craig Poncelet
- Bio-Doma (1996) – Tenacious D
- The Cable Guy (1996) – Rick Legatos
- The Fan (1996) – Broadcast technician
- Mars Attacks! (1996) – Billy Glenn Norris
- The Jackal (1997) – Ian Lamont
- Bongwater (1997) – Devlin
- Enemy of the State (1998) – Fiedler
- I Still Know What You Did Last Summer (1998) – Titus Telesco
- Cradle Will Rock (1999) – Sid
- Jesus’ Son (1999) – Georgie
- High Fidelity (2000) – Barry
- Saving Silverman (2001) – JD McNugent
- Shallow Hal (2001) – Hal Larson
- Orange County (2001) – Lance Brumder
- Ice Age (2002) – Stem vir Zeke
- School of Rock (2003) – Dewey Finn
- Envy (2004) – Nick Vanderpark
- Anchorman: The Legend of Ron Burgundy (2004) – Motorfietsryer
- Shark Tale (2004) – Stem vir Lenny
- King Kong (2005) – Carl Denham
- Nacho Libre (2006) – Nacho
- Tenacious D in The Pick of Destiny (2006) – Jack "Jables" Black
- The Holiday (2006) – Miles
- Margot at the Wedding (2007) – Malcolm
- Walk Hard: The Dewey Cox Story (2007) – Paul McCartney
- Be Kind Rewind (2008) – Jerry Gerber
- Kung Fu Panda (2008) – Stem vir Po
- Tropic Thunder (2008) – Jeff "Fats" Portnoy
- Year One (2009) – Zed
- Community (2010) – Buddy TV-reeks
- iCarly (2010) – Aspartamay TV-reeks
- Gulliver’s Travels (2010) – Gulliver
- Kung Fu Panda 2 (2011) – Stem vir Po
- Fight for Your Rigt Revisited (2011)
- Bernie (2011) – Bernie Tedie
- The Big Year (2011) – Brad Harris
- The Muppets (2011) – Homself
- Drunk History (2013) – Elvis TV-reeks
- Sex Tape (2014) – Eienaar van YouPorn
- The D Train (2015) – Dan Landsman
- Goosebumps (2015) – R. L. Stine
- Kung Fu Panda 3 (2016) – Stem vir Po
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Potton, Ed (16 Februarie 2008). "Jack Black does Hollywood on the cheap in Be Kind Rewind". The Times. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2011. Besoek op 15 Februarie 2008.
- ↑ "Jack Black--Graduate of the School of Hard Rocks" (in Engels). Moviecrazed. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2018. Besoek op 8 November 2008.
- ↑ Jack Black Movie Box Office Results op Box Office Mojo. Geraadpleeg op 30 Januarie 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jack Black.
- Jack Black in die Internet-rolprentdatabasis