Jackie Selebi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jacob "Jackie" Sello Selebi

Nasionale Polisiekommissaris
Ampstermyn
2000 – 2009
Voorafgegaan deur John George Fivaz
Opgevolg deur Bheki Cele

Persoonlike besonderhede
Gebore 7 Maart 1950
Johannesburg
Sterf 23 Januarie 2015 (op 64)
Pretoria

Jackie Selebi (7 Maart 195023 Januarie 2015) was ’n voormalige Nasionale Polisiekommissaris (2000–2009), president van die ANC-jeugliga (1987–1991),[1] asook voormalige president van Interpol.[2]

In Januarie 2008 is Selebi op verpligte verlof geplaas en het hy as die president van Interpol bedank, waarna hy weens korrupsie aangekla is.[3] Hy is in Julie 2009 deur Bheki Cele as polisiekommissaris opgevolg.

Selebi is op 2 Julie 2010 aan korrupsie skuldig bevind.[4] Op 3 Augustus 2010 is hy vyftien jaar gevangenisstraf opgelê.[5] Sy aansoek om appèl is op 2 Desember 2011 afgekeur.[6] Desnieteenstaande is hy in Julie 2012 op mediese parool vrygelaat.[7]

Selebi is op 23 Januarie 2015 ná ‘n lang siekte in die ouderdom van 64 jaar oorlede.[8]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Struktuur van die Departement van Veiligheid & Sekuriteit". Suid-Afrikaanse Polisiediens. 28 September 2006. Besoek op 2006-12-01.
  2. (en) "Bestuur van Interpol". Interpol. 28 September 2006. Besoek op 2006-12-01.
  3. (en) "Mbeki stel waarnemende polisiekommissaris aan". IOL. 12 Januarie 2008. Besoek op 2008-01-12.
  4. (en) "Selebi skuldig bevind". News24. 2 Julie 2010.
  5. (en) "Selebi kry 15 jaar agter tralies". News24. 3 Augustus 2010.
  6. (en) "Jackie Selebi gaan tronk toe". News24. 2 Desember 2011.
  7. (en) Kumalo, Smanga (20 Julie 2012). "Veroordeelde oud-polisieman gaan vrygelaat word". The Public News Hub.
  8. "Jackie Selebi, oorlede". Besoek op 24 Januarie 2015.