2015
Voorkoms
2015 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2010 | 2011 | 2012 | 2013 | 2014 | ◄ 2015 ► | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 | 2020 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2015 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
André P. Brink, oorlede 6 Februarie | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2015 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 15de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het dit 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
2015 is tydens die agt-en-sestigste sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies as die internasionale jaar van lig en van grond aangewys.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – Letland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Italië oor.
- 1 Januarie – Litaue tree tot die Eurosone toe en begin met die omskakeling van die litas na die Euro.
- 1 Januarie – Die Eurasiatiese Unie tree amptelik in werking. Die EAU behels ekonomiese samewerking tussen Rusland, Wit-Rusland, Armenië, Kasakstan en Kirgisië.
- 27 Januarie – 'n Moord op drie gesinslede van die Van Breda-familie en die besering van 'n ander vind plaas op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch.
- 2 Februarie – Die Internasionale Geregshof in Den Haag oordeel dat Kroasië en Serwië tydens die Balkanoorloë (1991–1995) geen Volksmoord gepleeg het nie.
- 14 Februarie–29 Maart – Die 11de Krieketwêreldbeker word in Australië en Nieu-Seeland aangebied en deur Australië gewen.
- 1 Maart – Die ou-president van Uruguay, Tabaré Vázquez, lê die ampseed af as nuwe president van dié land.
- 6 Maart – Die Dawn-ruimtetuig bereik die dwergplaneet Ceres.
- 16 Maart – 200 jarige viering van die Koninkryk van die Nederlande.
- 20 Maart – Totale sonsverduistering oor die noorde van die Atlantiese Oseaan.
- 21 Maart – Tydens die 25ste onafhanklikheidsvierings in Namibië word die ou-premier Hage Geingob ingesweer as nuwe president van dié land, terwyl Saara Kuugongelwa die ampseed aflê as eerste minister.
- 24 Maart – 'n Germanwings Airbus A320, vlug 9525, met 144 passasiers en ses bemanningslede aan boord stort in moeilik toeganklike terrein in die Franse Alpe neer.
- 29 Maart – Die Australiese nasionale krieketspan wen hul vyfde wêreldbeker.
- 31 Maart – Die 20e Knesset word ingesweer.
- 25 April – 'n Aardbewing van 7,8 op die Richterskaal saai verwoesting in Nepal.
- 10 Mei – Moedersdag in Suid-Afrika.
- 10 Mei – Mmusi Maimane word in Port Elizabeth verkies tot die Demokratiese Alliansie se eerste swart leier.
- 14 Mei – Hemelvaartsdag.
- 14 Mei – Die Israelse Netanyahu IV-kabinet word opgerig.
- 22 Mei – Die Republiek van Ierland word die eerste land ter wêreld wat selfdegeslaghuwelike deur 'n referendum wettig verklaar.
- 29 Mei – Die ou staatshoof van Nigerië, Muhammadu Buhari, lê die ampseed af as nuwe president van dié land.
- 31 Mei – Gift Kelehe en Caroline Wöstmann wen die mans en vroue wedrenne in die Comrades-maraton onderskeidelik, die eerste keer in 23 jaar dat Suid-Afrikaners beide die wedrenne wen.
- 26 Junie – Die Hooggeregshof van die Verenigde State verklaar selfdegeslaghuwelike in alle Amerikaanse deelstate wettig.
- 1 Julie – Luxemburg neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Letland oor.
- 1 Julie – Die Verenigde State en Kuba kondig amptelik aan dat hul ambassades heropen sal word vir die eerste keer sedert 1961.
- 1 Julie – 'n Rekordtemperatuur van 36,7 °C word aangeteken op Londen se Heathrow-lughawe op die warmste Juliedag tot nog toe in die Verenigde Koninkryk.
- 14 Julie – Die ruimtetuig New Horizons vlieg verby Pluto op 'n afstand van 12 600 km en neem foto's van die dwergplaneet en sy natuurlike satelliete.
- 6 Augustus – Andrzej Duda lê die ampseed af as nuwe president van Pole.
- 9 September – Koningin Elizabeth II word die langsheersende Britse monarg.
- 13 September – Gedeeltelike sonsverduistering oor Suider-Afrika.
- 18 September – 31 Oktober: Die 8ste Rugbywêreldbeker word in Engeland aangebied.
- 28 September – Totale maansverduistering.
- 31 Oktober – Die Nieu-Seelandse nasionale rugbyspan wen hul derde wêreldbeker.
- 4 November – Die Kanadese liberale politikus Justin Trudeau lê die ampseed af as nuwe eerste minister van dié land.
- 13 November – IS ondersteuners maak 132 mense in aanvalle dood en beseer 'n verdere 415 in Parys, Frankryk.
- 16 November – Die Poolse konserwatiewe politikus Beata Szydło lê die ampseed as nuwe eerste minister van dié land af.
- 18 November – Lucara Diamond Corporation kondig die ontdekking van die Karowe AK6-diamant van 1111 karaat aan.
- 19 November – Die All Black Richie McCaw kondig sy uittrede uit internasionale rugby aan.
- 1 Desember – De Beers verkoop al hulle oorblywende myne in Kimberley aan Petra Diamonds vir R 102 miljoen.
- 10 Desember – Die Argentynse konserwatiewe politikus Mauricio Macri lê die ampseed as nuwe president van dié land af.
- Die gedrukte HAT is 50 jaar oud.
- In Kaapstad begin 'n erge waterkrisis, wat tot Julie 2018 duur.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 2 Mei – Prinses Charlotte van Wallis, dogter van William, Prins van Wallis, en 'n Britse troonopvolger.
- 15 Junie – Prins Nicolas van Swede, Sweedse prins.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- onbekende dag – Pieter de Villiers, Suid-Afrikaanse pianis, orrelis en komponis (* 1924).
Januarie tot Maart
[wysig | wysig bron]- 7 Januarie – Rod Taylor, Australiese akteur (* 1930).
- 10 Januarie – Dr. F.I.J. van Rensburg, Afrikaanse akademikus en literêre kritikus (* 1922).
- 21 Januarie – Patricia Berjak, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1939).
- 23 Januarie – Jackie Selebi, Suid-Afrikaanse polisiekommissaris (* 1950).
- 23 Januarie – Abdoellah bin Abdoel Aziz al-Saoed, koning van Saoedi-Arabië (* 1924).
- 25 Januarie – Demis Roussos, Griekse sanger (* 1946).
- 27 Januarie – Charles H. Townes, Amerikaanse fisikus en Nobelpryswenner (* 1915).
- 28 Januarie – Yves Chauvin, Franse chemikus en Nobelpryswenner (* 1930).
- 3 Februarie – Max Mangold, Duitse professor in fonetiek, fonologie en algemene linguistiek (* 1922).
- 5 Februarie – Val Logsdon Fitch, Amerikaanse fisikus en Nobelpryswenner (* 1923).
- 6 Februarie – André P. Brink, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1935).
- 16 Februarie – Lesley Gore, Amerikaanse sangeres (* 1946)
- 27 Februarie – Boris Nemtsof, Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus (* 1959).
- 27 Februarie – Richard Bakalyan, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 27 Februarie – Leonard Nimoy, Amerikaanse akteur, digter, musikant en fotograaf (* 1931).
- 1 Maart – Daniel von Bargen, Amerikaanse akteur (* 1950).
- 4 Maart – Solly Ozrovech, predikant en skrywer van Christelike boeke (* 1927).
- 8 Maart – Tjol Lategan, Springbokrugbyspeler (* 1925).
- 12 Maart – Terry Pratchett, Britse outeur (* 1948).
- 15 Maart – Collins Chabane, Suid-Afrikaanse minister van openbare dienste en administrasie (* 1960).
- 19 Maart – Steve Mokone, voormalige Suid-Afrikaanse sokkerspeler (* 1932).
- 20 Maart – Malcolm Fraser, twee-en-twintigste Eerste Minister van Australië (* 1930).
- 26 Maart – Tomas Tranströmer, Sweedse skrywer en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde (* 1931).
April tot Junie
[wysig | wysig bron]- 10 April – Richie Benaud, voormalige Australiese krieketkaptein en kommentator (* 1930).
- 13 April – Günter Grass, Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar (* 1927).
- 15 April – Tadahiko Ueda, Japannese sokkerspeler (* 1947).
- 14 April – Percy Sledge, Amerikaanse sanger (* 1940).
- 2 Mei – Ruth Rendell, Engelse skryweres van misdaadromans (* 1930).
- 12 Mei – Ruth Mompati, Suid-Afrikaanse politikus en ambassadeur (* 1925).
- 14 Mei – B.B. King, Amerikaanse bluessanger (* 1925).
- 23 Mei – John Forbes Nash, Jr., Amerikaanse wiskundige en Nobelpryswenner (* 1928).
- 23 Mei – Ali Raymi, Jemeense bokser en vlieggewigwêreldkampioen. (* 1973).
- 2 Junie – Irwin Rose, Amerikaanse biochemikus en Nobelpryswenner (* 1926).
- 4 Junie – Ena Murray, Afrikaanse skryfster (* 1936).
- 4 Junie – Ernst Waldemar Bauer, Duitse televisie- en radiopublisis, bioloog, skrywer, politikus (* 1926).
- 5 Junie – Jerry Collins, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1980).
- 7 Junie – Christopher Lee, Engelse akteur, sanger en skrywer (* 1922).
- 13 Junie – Darius Dhlomo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, akteur, bokser, musikant en politiese aktivis (* 1931).
- 20 Junie – Esther Brand, Suid-Afrikaanse atleet en Olimpiese goue medalje wenner (* 1922).
- 20 Junie – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger van rolprente (* 1938).
- 22 Junie – James Horner, Amerikaanse komponis en dirigent van orkestrale en rolprentmusiek (* 1953).
- 25 Junie – Patrick Macnee, Brits-Amerikaanse akteur (* 1922).
Julie tot September
[wysig | wysig bron]- 3 Julie – Fredi Nest, Afrikaanse sanger (* 1959).
- 5 Julie – Hernus Kriel, voormalige minister van wet en orde in die kabinet van Suid-Afrika (* 1941).
- 5 Julie – Piet Malan, Springbokrugbyspeler (* 1919).
- 10 Julie – Omar Sharif, Egiptiese akteur (* 1932).
- 17 Julie – Jules Bianchi, Franse F1-renjaer (* 1989).
- 22 Julie – Johan Degenaar, Suid-Afrikaanse filosoof en teoloog (* 1926).
- 28 Julie – Clive Rice, Suid-Afrikaanse krieketspeler en Springbok-krieketkaptein (* 1949).
- 29 Julie – T.T. Cloete, Afrikaanse digter en letterkundige (* 1924).
- 1 Augustus – Taylor Negron, Amerikaanse akteur, skrywer, skilder en vervaardiger (* 1957).
- 6 Augustus – Charl van den Berg, Suid-Afrikaanse model en gay-aktivis (* 1981).
- 10 Augustus – Berna Ackerman, Suid-Afrikaanse skrywer en musiekdosent (* 1935).
- 18 Augustus – Khaled al-Asaad, Siriese argeoloog (* 1934).
- 30 Augustus – Oliver Sacks, Britse neuroloog en skrywer (* 1933).
- 25 September – Evert Snyman, Afrikaanse radio-omroeper, stemkunstenaar, akteur en skrywer (* 1955).
Oktober tot Desember
[wysig | wysig bron]- 3 Oktober – Isao Hosoe, Japannese lug- en ruimtevaartingenieur, ontwerper en dosent (* 1942).
- 5 Oktober – Henning Mankell, Sweedse toneelregisseur en skrywer (* 1948).
- 5 Oktober – Jos Vandeloo, Vlaamse skrywer en digter (* 1925).
- 12 Oktober – Gene Louw, Suid-Afrikaanse politikus (* 1931).[1]
- 14 Oktober – Francois van Heyningen, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper (* 1935).
- 14 Oktober – Ahmed Kérékou, Beninse politikus en twee keer president van dié land (* 1933).
- 30 Oktober – Al Molinaro, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 10 November – Helmut Schmidt, Duitse politikus en vyfde kanselier van die Federale Republiek van Duitsland (* 1918).
- 18 November – Jonah Lomu, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1975).
- 18 November – John Gainsford, Springbokrugbyspeler (* 1938).
- 22 November – Kim Young-sam, Suid-Koreaanse politikus en sewende president van dié land (* 1927).
- 28 November – Mark Behr, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1963).
- 4 Desember – Robert Loggia, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1930).
- 13 Desember – Lionel Mtshali, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* ~1935).
- 19 Desember – Kurt Masur, Duitse dirigent (* 1927).
- 27 Desember – Randall Wicomb, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1949).
- 28 Desember – Chris Barnard, befaamde Afrikaanse skrywer en rolprentmaker (* 1939).
- 28 Desember – Ian Murdock, Amerikaanse sagtewareontwikkelaar wat die Debianprojek begin het (* 1973).
- 31 Desember – Natalie Cole, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer (* 1950).
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Gene Louw (84) trap diep spore" (Webartikel). Netwerk24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2019. Besoek op 22 Mei 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2015.