Jacques Terre'Blanche
Voorkoms
Jacques Terre'Blanche | |
---|---|
Gebore | 1 Desember 1982 |
Genres | Pop |
Beroep(e) | Sanger |
Etikette | Gallo |
Jacques Terre'Blanche (gebore 1 Desember 1982) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en werklikheidstelevisiester. Hy verwerf bekendheid toe hy in die tweede seisoen van die Suid-Afrikaanse weergawe van die televisiesangkompetisie Idols derde geplaas is, ná wenner Anke Pietrangeli en naaswenner Poseletso Sejosingoe. Hy verskyn ook op Survivor South Africa: The Maldives. Hy sing meestal in Engels, maar maak sy Afrikaanse debuut in 2016 met sy cover van Lucas Maree se "Droomvrou".[1]
Hy is getroud met die Suid-Afrikaanse model Charne Slee. Hy is die kleinseun van Tromp Terre'Blanche.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Terre'Blanche word op 1 Desember 1982 gebore as die seun van Ettienne.[1]
Diskografie
[wysig | wysig bron]Ateljeealbums
[wysig | wysig bron]- 2004: EQ
- 2007: The Colour Red
Enkelspelers
[wysig | wysig bron]- 2013: Walking Your Way
- 2013: Goodnight Moon
- 2013: Simply War
- 2013: Heart Strings
- 2015: Cinnamon
- 2016: Droomvrou
- 2016: Ek Verlang
- 2017: Euphoria
- 2017: Skinny Jeans en Converse
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Jacques Terre'Blanche releases Afrikaans song in memory of his dad". Channel24 (in Engels). 12 April 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2018. Besoek op 22 April 2020.
Bronne
[wysig | wysig bron]- "PressReader.com - Connecting People Through News". The Mercury. Besoek op 9 Augustus 2018.
- "Martin Bester and Jacques Terre'Blanche's new video is here!". Jacaranda FM. Besoek op 9 Augustus 2018.
- "Top Billing features the wedding of singer Jacques Terre Blanche". Top Billing. Besoek op 9 Augustus 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Jacques Terre'Blanche op MusicBrainz
- Jacques Terre'Blanche op Instagram
- Jacques Terre'Blanche op Twitter
- Jacques Terre'Blanche op Facebook
- Jacques Terre'Blanche op YouTube