Facebook

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Facebook
Facebook.svg
Tipe webblad Sosialenetwerkdiens
Taal(e) Veeltalig
Registrasie Vereis
Eienaar Facebook, Inc.
Opgerig 4 Februarie 2004
Huidige status Aktief
URL Facebook
Facebook se hoofkantoor in Palo Alto, Kalifornië.

Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf.[1] Teen Oktober 2012 het hy meer as 1 miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad.[2] Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of nuusartikels, waarvoor 'n gebruiker kan inteken.

Geskiedenis[wysig]

Die eerste weergawe van Facebook was bekend as The Facebook en is op 4 Februarie 2004 van stapel gestuur. Die huidige uitvoerende direkteur van Facebook is Mark Zuckerberg en hy was destyds een van die medeoprigters gewees.

Aanvanklik was lidmaatskap tot slegs studente aan die Harvard Universiteit beskikbaar. Binne die eerste twee maande nadat die projek begin is, is die lidmaatskap tot ander universiteite, soos die Boston College, Boston Universiteit en die MIT, in die Boston-area, uitgebrei. Alle Ivy League-universiteite het terselfdertyd ook toegang tot lidmaatskap verkry.

Gedurende die daaropvolgende jaar is verskeie indiwiduele universiteite ook toegang tot die netwerk gebied. Langsamerhand was dit vir enige persoon wat 'n Amerikaanse kollege of universiteit .edu e-posadres gehad het, moontlik om by die netwerk aan te sluit. Daar was ook 'n aparte netwerk wat spesifiek vir Amerikaanse hoërskole geskep is.

Sedert 11 September 2006 kan enigiemand met 'n geldige e-posadres by Facebook aansluit[3], solank die persoon aan die ouderdomsvoorskrifte van die webwerf voldoen. Gebruikers van die diens kan kies om by een of meer subnetwerke aan te sluit, soos 'n hoërskool, werk, of geografiese gebied.

Groei[wysig]

Datum Aantal aktieve gebruikers
Desember 2004 1 miljoen
Desember 2005 5,5 miljoen
Desember 2006 12 miljoen
April 2007 20 miljoen
Oktober 2007 50 miljoen
Augustus 2008 100 miljoen
Januarie 2009 150 miljoen
Februarie 2009 175 miljoen
April 2009 200 miljoen
Julie 2009 250 miljoen
September 2009 300 miljoen
Desember 2009 350 miljoen
Februarie 2010 400 miljoen
Julie 2010 500 miljoen
Desember 2010 600 miljoen
Januarie 2011 650 miljoen
Februarie 2011 680 miljoen[4]
April 2011 700 miljoen
Julie 2011 750 miljoen
Januarie 2012 900 miljoen
4 Oktober 2012 1 miljard


Verwysings[wysig]

  1. Kazeniac, Andy. "Social Networks: Facebook Takes Over Top Spot, Twitter Climbs", Compete Pulse blog, February 9, 2009. URL besoek op February 17, 2009.
  2. Sengupta, Somini. "Facebook's Prospects May Rest on Trove of Data", The New York Times, May 14, 2012. URL besoek op May 15, 2012.
  3. Facebook: The Newest Fad in Marketing”. (HTML) Thinkubator: Facebook, the latest fad in marketing. URL besoek op 2007-07-25.
  4. Facebook krijgt elke dag 700.000 nieuwe profielen bij, hln.be

Eksterne skakels[wysig]