Jan de Wet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jan de Wet
Geboorte3 Februarie 1950 (1950-02-03) (69 jaar oud)
Harrismith, Suid-Afrika
Beroep(e)Sanger
Genre(s)Geestelike liedjies
Aktiewe jare1967 - nou
Webwerfjandewet.com
Portal.svg Musiekportaal

Jan Brand van Rooyen de Wet (Harrismith, 3 Februarie 1950 -) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat meestal Christelike en geestelike liedere sing. Hy was ook 'n predikant en onderwyser voordat hy sy sangloopbaan begin het.

De Wet begin sy skoolloopbaan in Willowmore in die Karoo en matrikuleer in 1967 aan die Potchefstroom Gimnasium. In 1968 doen hy sy nasionale diensplig in die SA Vloot, waarna hy werk by die departement van nasionale opvoeding in Pretoria. Nadat hy twee jaar onderwys gegee het op Otjiwarongo in Suidwes-Afrika/Namibië, studeer hy aan RAU en behaal sy B.A. graad in onderwys in 1971. Hy voltooi ook 'n aanvullende onderwyskwalifikasie in 1972 aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Daarna behaal hy die graad B.Th. aan die Universiteit Stellenbosch en eindelik 'n M.Th in diakoniologie oor die kerkjeug en popmusiek. Hy is getroud met Jeanett Blaauw en het twee kinders, Petrie en Comien. Sy vrou het twee jaar onderwys gegee en toe 'n mediese ontvangsdame geword.

Diskografie[wysig | wysig bron]

De Wet se vrystellings:

  • My hartbeeshuis (1967)
  • Elektra (1967)
  • Hipurtuli (1971)
  • Dis Waar (1972)
  • Een Wonderlike Aand (1973)
  • A Capella (1973)
  • Jongeling (1975)
  • Sproeireën (1976)
  • Slamaaier Winkel (1977)
  • Skrifsang (1978)
  • Ek is Vry (1978)
  • Dit is Verby (1978)
  • Blye Versekering (1978)
  • Lofsang (1979)
  • Jeugsangbundel (1981)
  • Jeugsangbundel (1982)
  • Gesange (1982)
  • My nooi is in 'n nartjie (1986)
  • Loof Hom met die Tromme (1987)
  • Sing Halleluja Liedere 1 (1987)
  • Sing Halleluja Liedere 2 (1988)
  • Via Dolorosa (1989)
  • Dis Kersfees (1990)
  • Allawêreld (1990)
  • Kamelestories (1990)
  • Loflaaities 2 (1992)
  • Kyk na die Lam (1992)
  • Sour like an Eagle (1993)
  • 'n Nuwe Lied 1 (1993)
  • 'n Nuwe Lied 2 (1994)
  • Loflaaities 3 (1994)
  • "Wie Sal?" (1995)
  • Lofkleuters (1995)
  • 'n Nuwe Lied 3 (1996)
  • In die Voetspore van Jesus (1997)
  • Loflaaities 4 - "In Aanbidding" (1997)
  • Kersfees met Jan de Wet (1997)
  • Ik Geloof (1998)
  • Vreugdevure (1998)
  • SA 25 Gunsteling Gesange (1999)
  • Treffers van Jan de Wet (1999)
  • Ek en My Huis (2001)
  • Worship Him (2004)

Verwysings[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]