Jane Eyre

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jane Eyre
Jane Eyre title page.jpg
Outeur Charlotte Brontë
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Taal Engels
Onderwerp Noord-Engeland, vroeë 19de eeu
Genre Roman
Uitgewer Smith, Elder & Co.
Uitgegee 16 Oktober 1847
Medium Druk (gebind & sagteband)
ISBN 3-7705-2296-6
Vervolg Shirley
Letterkunde-portaal

Jane Eyre (/dʒeɪn ɛər/) is 'n beroemde en invloedryke roman deur die Engelse skryster Charlotte Brontë. Dit is in 1847 in Londen (Engeland) met die titel Jane Eyre deur Smith, Elder & Co. gepubliseer. Die roman het in dieselfde jaar verskyn as Charlotte Bontë se suster, Emily, se Wuthering Heights, en terwyl Emily die skuilnaam Ellis Bell gebruik het, het Charlotte haarself Currer Bell genoem, 'n naam wat volgens haar die naam van 'n man óf van 'n vrou kon wees. Die boek se onderliggende emosies is egter bloot vroulik. Letterkundige kritiek word op die oordrywing, melodrama en gebrekkige struktuur van die roman gerig, maar Jane Eyre is nietemin al baie geslagte lank 'n gewilde verhaal. Die roman is in die vorm van 'n outobiografie geskryf, en die digterlikheid en spanning in die verhaal het 'n nuwe era in die romankuns ingelui.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]