Jeļena Ostapenko

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jeļena Ostapenko
Jelena Ostapenko (34970618791).jpg
Jeļena Ostapenko tydens die Franse Ope in 2017
Volle naam Jeļena Ostapenko
Land Vlag van Letland Letland
Woonplek Riga, Letland
Geboortedatum 8 Junie 1997 (1997-06-08) (20 jaar oud)
Geboorteplek Riga, Letland
Lengte 1,77 m[1]
Speel Regshandig (tweehandig handrughou)
Loopbaan-wengeld $3 960 801[1]
Enkelspel
Loopbaanrekord 169–86 (66,27%)[1]
Loopbaantitels 1 WTA[1], 7 ITF
Hoogste rang No. 12 (12 Junie 2017)[2]
Huidige rang No. 12 (17 Julie 2017)[1]
Grand Slam uitslae
Australiese Ope 3R (2017)
Franse Ope W (2017)
Wimbledon KE (2017)
VSA Ope 2R (2015)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 67–48 (58,26%)[1]
Loopbaantitels 2 WTA[1], 8 ITF
Hoogste rang No. 32 (19 Junie 2017)
Australiese Ope 1R (2016, 2017)
Franse Ope 1R (2016, 2017)
Wimbledon 3R (2016)
VSA Ope 1R (2016)
Franse Ope 1R (2017)
Wimbledon HE (2016)
VSA Ope 1R (2016)
Laaste opgedateer op: 18 Julie 2017.

Jeļena Ostapenko (Riga, 8 Junie 1997) is 'n Letlandse tennisspeler. Sy het op vyf begin tennis speel. Haar gunsteling oppervlak is hardebaan. Sy speel regshandig en het 'n dubbelhand-rughand.

In 2015 kry sy 'n loslootjie om by Wimbledon te speel, wat haar grandslam-debuut inlui. Later daardie jaar speel sy die eerste keer tydens die Quebec-toernooi in 'n WTA-eindstryd. In 2016 vorder sy tot die eindrondte tydens die "Premier Five"-toernooi in Doha, en so ook in 2017 tydens die Charleston-toernooi.

In 2017 behaal Ostapenko haar eerste WTA-titel op die dubbelspel-toernooi in Sint Petersburg (saam met die Poolse Alicja Rosolska).

In 2017 wen sy ook die enkelspel op Roland Garros, haar eerste grandslam-titel, asook die eerste vir 'n speler uit Letland. Sy het eers vir Louisa Chirico, Mónica Puig, Lesja Tsoerenko en Samantha Stosur uitgestof, waarna sy Caroline Wozniacki in die kwarteindronde klop, vir Timea Bacsinszky in die halfeindronde, en die derde gekeurde Simona Halep in die eindstryd verslaan. Haar oorwinning as ongeplaaste speler op Roland Garros is die eerste sedert die van Margaret Scriven in 1933.[3]

Grand Slam-rekord[wysig | wysig bron]

Die tabel toon Ostapenko se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope
2015 nie deelgeneem nie K1 Rondte 2 Rondte 2
2016 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 1
2017 Rondte 3 Wenner Kwarteindstryd

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 (en) Jeļena Ostapenko Career Statistics”. wtatennis.com. URL besoek op 18 Julie 2017.
  2. (en) "Latest WTA Rankings 12 June 2017: Jelena Ostapenko surges to No. 12 after incredible French Open title triumph", Live Tennis, 12 Junie 2017. URL besoek op 18 Julie 2017.
  3. "2017 results", CBSSports.com. URL besoek op 18 Julie 2017.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]