Gaan na inhoud

Caroline Wozniacki

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Caroline Wozniacki
Caroline Wozniacki in 2015
Land Vlag van Denemarke Denemarke
Woonplek Monte Carlo, Monaco[1]
Geboortedatum 11 Julie 1990 (1990-07-11) (34 jaar oud) [1]
Geboorteplek Odense, Denemarke[1]
Lengte 1,77 m[1]
Gewig 63 kg[1]
Afrigter Piotr Woźniacki (2004–2020)[1]
Begin professioneel 18 Julie 2005[1]
Spelstyl Regshandig (tweehandig handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld $36 441 868 (soos op 9 September 2024)[1] (7de van alle tye)[2]
Amptelike webblad carolinewozniacki.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 654–279 (70,1%)[1]
Loopbaantitels 30 WTA,[1] 4 ITF
Hoogste rang No. 1 (11 Oktober 2010)[1]
Huidige rang No. 73 (9 September 2024)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (2018)
Franse Ope KE (2010, 2017)
Wimbledon 4R (2009, 2010, 2011, 2014, 2015, 2017)
VSA-Ope E (2009, 2014)
Groot toernooie
WTA-kampioenskap W (2017)
Olimpiese Spele KE (2012)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 39–56 (41,1%)[1]
Loopbaantitels 2 WTA[1]
Hoogste rang No. 52 (14 September 2009)[1]
Huidige rang No. – (9 September 2024)[1]
Australiese Ope 2R (2008)
Franse Ope 2R (2010)
Wimbledon 2R (2009, 2010)
VSA-Ope 3R (2009)
Laaste opgedateer op: 9 September 2024.

Caroline Wozniacki[3] (Deens: [kɑːoliːnə vʌsniˈɑɡi], Pools: [vɔʑˈɲat͡ski]; gebore op 11 Julie 1990 in Odense, Denemarke) is 'n Deense beroepstennisspeler. Sy is 'n voormalige Wêreld Nr 1 op die WTA-toer, en het hierdie posisie vir 67 weke beklee.[4] Sy was die eerste vrou van 'n Skandinawiese land om die topposisie en 20ste algeheel te hou.[5]

Sedert haar WTA-debuut in 2005 het sy haar jaareindposisie elke jaar verbeter tot die afronding as die topspeler in beide 2010 en 2011. Wozniacki het 23 WTA-titels gewen teen Augustus 2014, drie in 2008, drie in 2009, ses in 2010 (die meeste in 'n jaar deur 'n WTA speler van 2008–2011),[6] ses in 2011, twee in 2012, en een elk in 2013, 2014 en 2015. Sy was die naaswenner in die 2009 en 2014 Amerikaanse Ope en die 2010 WTA-toerkampioenskap in Doha na Kim Clijsters.

Caroline Wozniacki het die 2006 Wimbledon-damesenkelspeltitel en tydens die Australiese Ope in 2018 haar eerste Grand Slam-toernooi gewen. Sy hou ook twee WTA-titels in die dubbelspel. In 2008 het Wozniacki die titel as die "WTA-nuweling van die jaar" gewen.

Grand Slam-rekord

[wysig | wysig bron]
Caroline Wozniacki tydens die VSA-Ope in 2009
Caroline Wozniacki tydens die VSA-Ope in 2010

Die tabel toon Wozniacki se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope
2007 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 2 Rondte 2
2008 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 3 Rondte 4
2009 Rondte 3 Rondte 3 Rondte 4 Eindstryd
2010 Rondte 4 Kwarteindstryd Rondte 4 Halfeindstryd
2011 Halfeindstryd Rondte 3 Rondte 4 Halfeindstryd
2012 Halfeindstryd Rondte 3 Rondte 1 Rondte 1
2013 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 3
2014 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 4 Eindstryd
2015 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 2
2016 Rondte 1 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Halfeindstryd
2017 Rondte 3 Kwarteindstryd Rondte 4 Rondte 2
2018 Wenner Rondte 4 Rondte 2 Rondte 2
2019 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 3
2020 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Toernooi nie gehou nie Nie deelgeneem nie
2023 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 4
2024 Rondte 2 Nie deelgeneem nie Rondte 3 Rondte 4

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 (en) "Caroline Wozniacki". Women's Tennis Association. Besoek op 9 September 2024.
  2. (en) "Career Prize Money Leaders" (PDF). Women's Tennis Association. 9 September 2024. Besoek op 9 September 2024.
  3. (pl) Rawa, Krzystof (17 Mei 2010). "Tata uczył tenisa i Chopina". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Junie 2019.
  4. (en) "Notes & Netcords: January 16, 2012". WTA Tour. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2012. Besoek op 16 Januarie 2012.
  5. (en) "Wozniacki's Big Day – The Gallery". 7 Oktober 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2012. Besoek op 11 Februarie 2015.
  6. (en) "Stats Corner: Best Of The Best". WTA Tour. 15 Desember 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Junie 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]