Jimmy Stonehouse
| |||||
Volle naam | James Stonehouse | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 30 Maart 1964 | ||||
Geboorteplek | Krugersdorp, Transvaal | ||||
Lengte | 1,75 m | ||||
Massa | 100 kg | ||||
Beroep | Rugbyafrigter | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
1990–1992 1990–1997 1994–1997 1998–2008 2000–2001 2002–2003 2005–2007 2007–2008 2008–2015 2012 2013 2015–2017 2018–tans |
Pumas Cravenweekspan Hoërskool Ermelo Pumas Cravenweekspan Hoërskool Waterkloof Rusland o/19 Blou Bulle Cravenweekspan Pretoria Harlequins Blou Bulle Cravenweekspan Pumas SA Barbarians (Noord) SA Presidente XV Toshiba Brave Lupus Pumas |
James Stonehouse (gebore op 30 Maart 1964 in Krugersdorp) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyafrigter en die hoofafrigter van Curriebekerspan die Pumas.
Vroeë loopbaan
[wysig | wysig bron]Stonehouse het as speler vir Suidoos-Transvaal haker gespeel. Tydens sy speeldae was hy ook 'n onderwyser by Hoërskool Ermelo tussen 1984 en 1997 en het sukses behaal met die afrigting van hul eerste span, en hulle gelei tot die Kwarteindronde van die Direkteurstrofee in 1992 en na die halfeindronde van dieselfde kompetisie in 1993. Hy was ook van 1990 tot 1992, en van 1994 tot 1997 die afrigter van Suidoos-Transvaal se Cravenweek (onder-18)-span.
Hy het in 1998 by Hoërskool Waterkloof aangesluit as hul Direkteur van Rugby, wat hulle na die Blou Bulle hoërskolekampioenskap in 2003 gelei het, die eerste keer in 12 jaar. Hy het ook die Blou Bulle se Cravenweekspan in 2003 en 2004 afgerig.
Gedurende hierdie tyd het hy ook die Rusland o/19-span afgerig wat aan die FIRA Europese o.19-toernooi in Frankryk deelgeneem het, wat hulle gelei het tot 'n oorwinning in die Plaatkompetisie. Hy het ook die Rusland-sewesspan afgerig aangesien hulle vir die 2001 Rugbywêreldbeker-sewestoernooi in Argentinië gekwalifiseer het. Hy is as hoofafrigter van die Russiese nasionale rugbyspan aangestel, maar het kort daarna om gesinsredes na Suid-Afrika teruggekeer.
In 2004 het Stonehouse by die klubspan Pretoria Harlequins in die Blou Bulle se Carltonliga-kompetisie aangesluit en hulle na die halfeindronde in 2006 gelei, die eerste keer in 22 jaar wat hulle dié prestasie kon behaal. Hy is ook as die Blou Bulle se Cravenweek-afrigter vir 2007 en 2008 aangestel.
In 2005 en 2006 het hy die Blou Bulle se Vroue-sewesspan asook die nasionale vrouesewesspan afgerig wat die Afrika-toernooi in Uganda gewen het.
Pumas
[wysig | wysig bron]Stonehouse het sy groot deurbraak in 2008 gemaak toe hy as hoofafrigter van die Pumas aangestel is.
Toshiba Brave Lupus
[wysig | wysig bron]In Januarie 2015 het Stonehouse aangekondig dat hy die Pumas sal verlaat ná sewe jaar by die span om in April van dieselfde jaar by die Japannese Topliga-span Toshiba Brave Lupus aan te sluit.
Verteenwoordigende spanne
[wysig | wysig bron]Hy het ook partykeer vir kort tye afrigting gedoen; hy was een van die afrigters van die Royal XV wat teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het tydens hul 2009 toer in Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Barbarians (Noord)-span wat teen Engeland tydens die 2012-Engeland-rugby-toer in Suid-Afrika gespeel het.
Liggaamsbou
[wysig | wysig bron]Stonehouse het ook aan liggaamsboukompetisies deelgeneem. Hy het die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie in 2005 gewen en in 2006 sesde in die Mnr-heelal-kompetisie gekom.[1][2][3][4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Who's Who SA : Jimmy Stonehouse". Who's Who SA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2014. Besoek op 6 Augustus 2014.
- ↑ "Middelburg klop aartsvyand HTS". Beeld. 27 Mei 1991. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2014. Besoek op 6 Augustus 2014.
- ↑ "Bobaas-breier". Beeld. 13 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2014. Besoek op 6 Augustus 2014.
- ↑ "Klofies kraai koning in Beeld, Ford se skolereeks Ermelo neem tweede plek in". Beeld. 22 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2014. Besoek op 6 Augustus 2014.