Johannes Kerkorrel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Johannes Kerkorrel
GeboortenaamRalph John Rabie
AliasKerkorrel
Geboorte27 Maart 1960
Johannesburg
Afsterwe12 November 2002
Kleinmond
Beroep(e)Sanger, Liedjieskrywer, Dramaturg, Joernalis
Genre(s)Afrikaanse Rock
Instrument(e)Klawerbord
Aktiewe jare1986–2002
EtiketteShifty Records, One World Entertainment, Talisman
Portal.svg Musiekportaal

Johannes Kerkorrel (27 Maart 196012 November 2002) was 'n Afrikaanse joernalis en musikant. Sy regte naam was Ralph John Rabie.[1][2]

Rabie is in Johannesburg gebore en was 'n joernalis by die Afrikaanse weekblad, Rapport. In 1986 begin hy liedjies met 'n politiese tema tydens kunsfeeste (onder die verhoognaam Kerkorrel) te sing. Sommige van hierdie liedjies was teen die destydse regering, en in besonder, teen staatspresident P.W. Botha gemik. Hy word in 1987 afgedank omdat hy aanhalings uit Botha se toesprake in sy musiek gebruik het.

Ná sy afdanking word Rabie 'n voltydse musikant onder die verhoognaam Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band. Hulle musiek is destyds as Alternatiewe Afrikaans beskryf.

In 1989 stel hulle die album, Eet kreef, vry. Die album was 'n kommersiële sukses, ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie geweier het om van die snitte uit te saai. Hulle daaropvolgende toer is Voëlvry genoem, wat aanleiding tot die sogenaamde Voëlvry-beweging gegee het.

Rabie besoek Amsterdam in 1990. Byna terselfdertyd word die snit Hillbrow vanaf sy Eet kreef-album 'n treffer in België, waarna Rabie sy sukses met 'n solo-toer opvolg. In 1991 geniet hy aansienlike sukses in België en Nederland. Hier word hy met die Nederlandse sanger Stef Bos bevriend, waarmee hy 'n aantal konserte saam opgevoer het.

Op 12 November 2002 hang Rabie homself in Kleinmond, naby Hermanus aan die Wes-Kaapse kus. Hy is deur sy homoseksuele lewensmaat, sy geskeide vrou en 'n seun oorleef.[3][4][5][6]

Albums[wysig | wysig bron]

  • 1989: Eet Kreef
  • 1992: Bloudruk
  • 1994: Cyanide in the Beefcake
  • 1996: Ge-trans-for-meer
  • 1998: Tien Jaar Later
  • 1999: Sing Koos du Plessis
  • 2000: Die Anderkant
  • 2002: Voëlvry Die Tour

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 'Dylan' of Afrikaans rock dies”. SouthAfrica.info: 13 November 2002. URL besoek op 20 April 2013.
  2. Sassen, Robyn (15 Januarie 2003). “Just Another Day in Africa: In no-man's land I got lost”. PopMatters.com. URL besoek op 13 November 2007.
  3. Redelinghuys, Pieter (12 November 2002). "Kerkorrel commits suicide". News24. Besoek op 22 April 2013. 
  4. "Remembering Kerkorrel". Mail & Guardian. 13 November 2012. Besoek op 21 April 2013. 
  5. Rooi, Jacob (17 November 2002). "'I'm sorry mom'". Rapport. Besoek op 21 April 2013. 
  6. "'Who killed Kerkorrel?'". News24. 25 Augustus 2005. Besoek op 20 April 2013.