Johannes Stalpaert van der Wiele
Voorkoms
Johannes Stalpaert van der Wiele (22 November 1579, Den Haag - 29 Desember 1630, Delft) het in Rome en Leuven studeer en 'n priester geword. Naas sy priesterskap was hy ook 'n skrywer en digter. Hy het lofsange geskryf, en daarnaas was hy ook 'n belangrike skywer van die Teenhervorming. Hy het veral geskryf oor en sterk standpunt ingeneem teen die Gereformeerde Leer. Hy is begrawe in die Oude Kerk in Delft.
By die Bagijnhof in Delft is 'n beeld van die digter opgerig wat in 1962 geskep is deur Arie Teeuwisse.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Evangelische Schat van Christus Jesus ondeckt (1621)
- Hemelryck. Dat is: Lof-sangh van 't Rijcke der Hemelen (1621)
- Vrouwelick Cieraet van Sint' Agnes versmaedt (1622)
- Roomsche Reijs t' zamenspraecksgewijs tusschen Pieter de Reijser ende Abacuk Fijnen Broeder (1624)
- Gulde-jaer Ons Heeren Jesu Christi (1628)
- Extractum Katholicum, tegen alle gebreken van Verwarde Harsenen (1631)
- Peperhuysken van Bijgevougde Confijten (1631)
- Gulde-Jaers Feest-Dagen (1634 en 1635)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Standbeeld van Stalpaert van der Wiele. |