John Napier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
John Napier

John Napier, ook bekend onder die naam John Neper (Edinburg, 1550 - 4 April 1617), was 'n Skotse wiskundige wat veral bekend geword het vir die uitvinding van logaritmes.

Hy was die seun van Archibald Napier, 'n bekende waarnemende regter en eienaar van die Skotse landgoed Merchiston. John studeer aan die St Andrews universiteit, maar spandeer ook 'n geruime tyd in ander Europese lande waar hy vermoedelik sy studies voortgesit het.

Hy was 'n oortuigde protestant en het 'n passie vir teologie gehad. In 1593 publiseer hy 'n religieuse werk met die titel Plaine Discovery of the Whole Revelation of St. John wat in Nederlands, Frans en Duits vertaal is, waarna hy ook op die vasteland bekendheid verwerf het.

Hy het hoofsaaklik wiskunde uit die liefde vir die saak beoefen.

Lys van werke[wysig]