Jonathan Jansen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jonathan Jansen
Gebore
Jonathan David Jansen

29 September 1956
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepAkademikus
Bekend virRektor van UV
TitelProfessor

Jonathan Jansen was die rektor aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is vroeg in 2009 as die eerste gekleurde rektor en visekanselier van die universiteit aangestel.

Jonathan David Jansen is op 29 September 1956 in Montagu in die Boland gebore, maar het op die Kaapse Vlakte grootgeword. Hy voltooi sy B.Sc. (Plantkunde en Dierkunde) in 1979 aan die Universiteit van die Wes-Kaap. In 1982 ontvang hy 'n onderwysdiploma en in 1984 'n B.Ed. (Vergelykende Opvoedkunde) van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy verwerf in 1987 'n M.Sc. van die Cornell-universiteit en in 1991 'n Ph.D. (Politieke wetenskap) van die Stanford-universiteit.